Let Wel

Marmite-en-biltongbroodjies

2 min lees tyd
Bak brou 05 Desember 2022 deur Virseker

Proe die nostalgie in dié resep van Herman Lensing vir marmite-en- biltongbroodjies! 

genoeg vir 24 happies

230 g (250 ml) sagte botter
65 g ( potjie) Marmite of Bovril
24 snye sagte winkelbrood
24 ronde soutkoekies, soos Salticrax
300 g fyn poeierbiltong

Meng botter en Marmite saam tot glad. Smeer dan van die bottermengsel op die brood en maak 12 toebroodjies. Sny met ’n ronde koekiedrukker (so groot soos die soutkoekie) omtrent 24 sirkels uit die toebroodjies. Smeer ’n bietjie bottermengsel op elke koekie en plak ’n broodsirkel daarop vas. Smeer elke broodsirkelkoekie rondom toe met die bottermengsel en rol in die fyn biltong. Pak in en geniet!

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!