Let Wel

Mandie se hoender-tetrazzini

2 min lees tyd
Bak brou 10 Junie 2015 deur Virseker

Maak nie saak hoe streng jou dieet of eetgewoontes is nie, daar is min dinge in die lewe wat so lekker is soos lekker “comfort food” nie. Hierdie resep, geneem uit Louise van der Hoven se boek Woestynkombuis, is nie net spot maklik om te maak nie, maar dit sal ook al die smulpape in jou huis se goedkeuring wegdra.

Hierdie resep lewer ongeveer agt tot tien porsies, maar wees gewaarsku jy heelmoontlik nie enige oorskiet gaan oor hê nie. Lees hieronder vir die smul-lekker hoender-tetrazzini resep.

Bestanddele:

Vir die hoendervulsel:

1 heel hoender

1½ k macaroni

1 ui, fyngekap

½ pak spek, in repies gesny

1 blik sampioene in roomsous

1 groen soetrissie, in repies gesny

1 pak hoendersop

1 k water

sout en peper na smaak

 

Vir die witsous:

2 e botter

2 e koekmeel

1 k melk

’n knippie sout

cheddarkaas, gerasper

 

Metode:

Vir die hoendervulsel:

Kook die hoender tot sag en sny in stukkies.

Kook die macaroni in die sous van die hoender tot sag.

Meng en braai die ui, spek, sampioene en groen soetrissie.

Voeg die hoender by die uiemengsel.

Maak die hoendersop aan met ’n koppie water en voeg by die mengsel.

Laat dit vir 5 tot 10 minute prut tot die hoendersop gaar is.

Voeg sout en peper na smaak by.

 

Vir die witsous:

Voeg al die bestanddele, behalwe die kaas, saam en meng.

Mikrogolf vir 30 sekondes teen ’n hoë hitte.

Klits goed deur.

Herhaal die proses vier tot ses keer tot die sous gaar en die verlangde dikte is.

 

Vir die hoender-tetrazzini:

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Pak lae macaroni en hoender in ’n oondbak.

Giet die witsous bo-oor.

Strooi die kaas bo-oor en bak vir ongeveer 10 minute of tot die kaas gesmelt is.

 

Resep geneem uit Louise van der Hoven se boek Woestynkombuis te kry:

http://www.foxandravenemporium.com/products/woestynkombuis-louise-van-der-hoven

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!