Let Wel

Kerrie-sosaties

2 min lees tyd
Bak brou 16 November 2015 deur Virseker

Waaraan dink jy as jy “braaivleis” hoor? Tjops, wors, braaibroodjies, steak... of sosaties?! ʼn Lekker sosatie is darem nou vir jou spesiaal. Daarom het ons bietjie in Louise van der Hoven se boek Woestynkombuis gaan oplees vir ʼn heerlike sosatie resep. En met die Kersseisoen om die draai, kan jy nie verkeerd gaan om jou vriende en familie met ʼn lekker kerrie-sosatie of twee te bederf nie. 


Lees hieronder wat jy als benodig om 6 tot 10 sosaties te maak. Hierdie resep is ook maklik om te vermenigvuldig sodat daar genoeg vir almal is. 

Bestanddele:
Vir die Sosatiestokkies:
1 kg skaap- of beesblokkiesvleis
1-2 uie, in skywe gesny 
1 k gedroogte perskes

Marinade vir sosaties:
2 k asyn
1 k water
2 t borrie
2 e kerriepoeier (hoogvol, of minder na smaak)
2 e suiker
4 groot uie, fyngekap
3 e appelkooskonfyt
1 e worcestersous
1 e sout
peper en braaivleisspeserye, na smaak

Metode:
Ryg al die bestanddele vir die sosaties op stokkies en hou dit eenkant.
Kook al die bestanddele vir die marinade, behalwe die sout, peper en braaivleisspeserye, vir 20 minute saam.
Laat afkoel.
Marineer die sosaties vir ’n dag.
Gooi die sout, peper en speserye oor die vleis en braai oor die kole.

Resep geneem uit Louise van der Hoven se boek Woestynkombuis te kry:
http://www.foxandravenemporium.com/products/woestynkombuis-louise-van-der-hoven

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!