Let Wel

Hartenbos se braaihoender

2 min lees tyd
Bak brou 02 September 2022 deur Virseker

Die aftel na #braaidag op 24 September het begin! Herman Lensing het hierdie resep met ons gedeel - Hartenbos se braaihoender.

"Ek het nog nooit van kamp gehou nie, maar as kind het ons gereeld Hartenbos besoek vir vakansie. Al wat my gehelp het om te oorleef was hierdie hoender wat my ma gebraai het!" vertel Herman.

  • genoeg vir 6-8
  • 250 ml tamatiesous
  • 100 ml worcestersous
  • 250 ml perskeblatjang
  • 30 ml mosterdpoeier
  • 50 ml olyfolie
  • 100 ml appelasyn
  • 100 g (125 ml) bruinsuiker
  • 30 ml gerookte paprika
  • 15 ml fyn komyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper 
  • 1 heel hoender

Verhit oond tot 180 °C. Meng al die bestanddele behalwe die hoender in middelslag-pot. Bring mengsel tot kookpunt en verwyder van hitte. Laat effens afkoel. Gebruik kombuisskêr en knip die rugbeen van die hoender los. Draai hoender om en druk plat met handpalms sodat die boude en dye langs die bors sit (sien foto). Plaas plat hoender in oondbraaibak

en geur goed met sout en peper. Gooi sous oor hoender en maak bak toe met foelie. Oondbraai 35 minute. Terwyl hoender in oond is, kry kole medium- warm. Plaas hoender met velkant na onder in toeklaprooster en braai stadig oor warm kole tot goudbruin en deurgaar, sowat 20 minute. (Draai elke nou en dan om en verf met marinade in braaipan.) Sit warm voor.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!