Let Wel

Gemmerbier

2 min lees tyd
Bak brou 09 Desember 2015 deur Virseker

Onthou jy die warm somer dae toe jy op jou ouma se stoep gesit het met ʼn reuse glas tuisgemaakte gemmerbier. Nou kan jy -daardie dae herleef. Maak gerus dié somer jou eie gemmerbier en deel jou kinderdae met jou kinders (dan spaar jy selfs bietjie op gaskoeldrank koop). Ons weet sommer hulle sal terug wees vir nog met dié treffer. Hierdie drankie beloof om  jou dors te snoer en die erge hitte so bietjie af te koel. 

 

Dis maklik en (behalwe vir die staan) vinnig om inmekaar te sit. Lees hieronder wat jy als benodig om ongeveer 9 liter te maak. 

Bestanddele:

8 ℓ water (32 k)

1,25 kg suiker (6½ k)

1 e kitsgis

e jamaikagemmer (jamaikagemmer is ’n vloeistof en mens kry dit nog by apteke)

1 k rosyntjies

bottels

 

Metode:

Gooi ’n paar rosyntjies in elke bottel.

Meng alles en bottel.

Laat staan vir 24 uur by kamertemperatuur.

Sodra die rosyne dryf, verkoel en geniet.

 

Resep geneem uit Louise van der Hoven se boek Woestynkombuis te kry:

http://www.foxandravenemporium.com/products/woestynkombuis-louise-van-der-hoven

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!