Snoek oor die kole is bobaas saam met appelkose, maar moenie perskes vlak kyk nie. Probeer dié resep van Herman Lensing.
genoeg vir 6
PERSKESOUS
50 g (60 ml) ligte bruinsuiker 250 ml appelsap
5 ml vars suurlemoensap
5 perskes, gehalveer en ontpit
GEBRAAIDE PERSKES
5 perskes, gehalveer en ontpit
SNOEK
45 ml botter, gesmelt
hand vol pietersielie, fyngekap sap en gerasperde skil van
1 suurlemoen
65 ml vars lemoensap
1 groot snoek, oopgevlek
sout en varsgemaalde swartpeper
Perskesous Meng suiker, appelsap en suurlemoensap in ’n middelslagpot. Verhit oor lae hitte en roer tot suiker opgelos het. Voeg perskehelftes by en maak pot toe. Laat stadig stowe of tot perskes sag en pap is. Pols met staafmenger tot gladde sous en druk deur ’n sif om van skille ontslae te raak. Hou eenkant tot afgekoel.
Gebraaide perskes Kry kole mediumwarm. Plaas perskes met gesnyde kante na onder in ’n toeklaprooster en braai oor warm kole tot duidelike braaimerke wys. Verwyder van rooster en hou eenkant. Vul kole aan as dit nodig is om die snoek te braai.
Snoek Meng botter, pietersielie, suurlemoensap en -skil en lemoensap saam. Hou eenkant. Plaas snoek in toeklaprooster met velkant na onder. Geur goed met sout en peper. Plaas snoek oor kole. Verf ruim met bottermengsel en braai sowat 10 minute. Daai om, verf die velkant ook met bottermengsel en braai nog 5 minute of tot snoek vlok – dis die aanduiding dat die vis gaar is.
Verhit perskesous en plaas gaar snoek op dienbord. Pak gebraaide perskes rondom en gooi sous oor. Sit voor.