Let Wel

Engela se growwe beskuit

2 min lees tyd
Bak brou 06 Oktober 2015 deur Virseker

Beskuit darem het al ʼn langpad gekom van die droë koekies wat die Franse soldate destyds oorlog toe moes vat. H.W. Claassens  beskryf dit as“harde, haas oneetbare beskuit van meel en water” in haar tesis Die Geskiedenis van Boerekos 1652 – 1806. Maar lank voordat die eerste beskuitresep gepubliseer was in 1761, het die Kaapse tannies al beskuitaan matrose en reisigers verkoop.

Vandag is dit baie makliker om heerlike beskuit in die hande te kry en dit word nie meer uitsluitlik vir die langpad gespaar nie.  Dit gesê, tuisgebakte beskuit is darem by verre beter as dit wat jy by die winkel koop. Loer bietjie hieronder vir ʼn smaaklike beskuitresep wat tot 80 stafies kan lewer.

Bestanddele:

6 k volkoringmeel

2 k semels

1¼ k bruinsuiker

7 t bakpoeier

1 t sout

250 g botter

2 eiers

½ k kookolie

1 k karringmelk

1 k rosyne

1 k sonneblomsaad

2 e sesamsaad

½ k klapper

1 t koeksoda

2 e melk

 

Metode:

Voorverhit die oond tot 160 °C.

Sif die droë bestanddele saam, behalwe die koeksoda, rosyne, sade en klapper.

Sny die botter in blokkies en vryf dit in die mengsel totdat dit soos broodkrummels lyk.

Meng die eiers, olie en karringmelk en voeg by die mengsel.

Meng die rosyne, sade en klapper en voeg by.

Meng die koeksoda en melk en voeg by.

Skep in gesmeerde beskuitpanne en bak vir 1½ uur.

Laat dit afkoel.

Sny in beskuitvingers en pak dit op groot plat panne.

Droog die beskuit teen 100˚C vir 6 tot 8 ure of oornag uit.

 

Resep geneem uit Louise van der Hoven se boek Woestynkombuis te kry:

http://www.foxandravenemporium.com/products/woestynkombuis-louise-van-der-hoven

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!