Let Wel

Wenner van Kontantinspuiting-kompetisie “tower” met menslike hulpbronne

2 min lees tyd
Perskamer 05 Januarie 2021 deur Virseker

Toe Theresa de Necker (50) van Krugersdorp die waagmoed gehad om in Junie 2020 haar eie besigheid te begin, het sy dit met haar lewensmotto, “aanhouer wen,” aangepak… Tog het dié motto ses maande later vir haar nuwe betekenis gekry toe sy R30 000 in Virseker se Kontantinspuiting-kompetisie gewen het! 

“Ek kon my ore nie glo toe ek die oproep gekry het nie en was sommer uitasem van opgewondenheid gewees,” vertel sy. 

Theresa se besigheid se naam is Inzinsazi, wat “towenaar” in Zoeloe beteken - en volgens haar, het Inzinsazi, wat in menslike hulpbronne spesialiseer, “towerkragte” in hul veld. 

“Ons werk saam met klein tot medium grootte besighede en maak seker dat menslike hulpbronne deeglik bestuur en aangewend word.” 

“Dis 'n volledige diens wat strek van die beplanning en strategie van die maatskappy tot en met die einde van die werknemer se tyd by die maatskappy,” sê sy.

Volgens Theresa maak Inzinsazi seker dat hul kliënte volledig voldoen aan al die relevante wetgewing en regulasies, sodat hulle binne die arbeidswetgewing optree en só hulself beskerm teen moontlike eise van werknemers. 

“Nog' n aspek van ons diens is dat ons met werknemers saamwerk om seker te maak dat hulle beide hul regte asook hulle verpligtinge teenoor die maatskappy verstaan en nakom.” 

Die wengeld van Virseker gaan vir Inzinsazi handig te pas kom en Theresa gaan onder meer dit spandeer op ’n nuwe skootrekenaar en op bemarking.

Theresa het drie belangrike insigte wat sy as besigheidseienaar geleer het met Virseker gedeel:

  1. Wat is die belangrikste les wat jy al geleer het, as besigheidseienaar? Elke kliënt is belangrik - maak nie saak hoe groot of hoe klein hulle is nie. 
  2. Die beste raad wat jy al ooit gekry het van iemand vir jou as besigheidseienaar? Wees altyd professioneel, eerlik en betroubaar. 
  3. Wat is die grootste uitdaging(s) wat ’n besigheid vandag in die gesig staar? Om 'n volhoubare kontantvloei te handhaaf. 

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!