Let Wel

Pretoria Noord-gesin “in die wolke” oor Wolkskool en Virseker

2 min lees tyd
Perskamer 28 Junie 2021 deur Virseker

Die Janse van Rensburg-gesin van Pretoria-Noord is die eerste gelukkige wenners van die Virseker Trust se Kop in die Wolke-kompetisie. Met die kompetisie, wat in samewerking met Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Wolkskool-platform aangebied word, kan ʼn leerder R30 000 wen wat direk bydra tot sy/haar skoolfonds.

“Ons besef hoe belangrik goeie skoolopleiding vir ons kinders is en daarom is ons baie dankbaar teenoor Virseker Trust vir die prysgeld en ook aan Die Wolkskool omdat ons kan sien hoe dit ons kinders se punte verbeter het.”

Christo Janse van Rensburg sê hy is al vir jare ʼn Virseker-polishouer, maar het sommer weer ʼn kwotasie aangevra toe hy hoor van dié kompetisie. Hulle oudste seun Christian is in Graad 10 in Hoërskool Pretoria-Noord en het ouers aangemoedig om in te skryf vir die kompetisie. Die skool maak ook reeds sedert die begin van die jaar van Die Wolkskool gebruik om al hul leerders te ondersteun met hul skoolwerk.

“Ons het egter reeds verlede jaar van Die Wolkskool gehoor nadat ons 10-jarige se Wiskundeonderwyser daarop aangedring het dat hulle tydens die inperking van Die Wolkskool gebruik maak,” sê Janse van Rensburg.

“Waarvan ons die meeste van Die Wolkskool hou, is dat ons as ouers gerus kan wees dat ons kinders op datum bly met skoolwerk en ekstra hulp kry wanneer hulle dit nodig het. Ons al twee werk voltyds en het nie altyd tyd om seker te maak ons kinders verstaan die dag se skoolwerk nie. Die Wolkskool-platform is eenvoudig genoeg dat ons jongste dit op haar eie kon gebruik. Wanneer een kind besig is op die skootrekenaar, kan die ander een maklik op hulle foon deur middel van die app hulle klaswerk deurgaan.”

Volgens, Leon Fourie, uitvoerende hoof van die SOS, kan agt gesinne wat aktiewe profiele op Die Wolkskool het, R30 000 wen om hul kinders se skoolfonds te help betaal.

“Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom, is om by Die Wolkskool ʼn aktiewe profiel te hê en ʼn Virseker-kwotasie aan te vra.  As jy ʼn bestaande Virseker-kliënt is, hoef jy net by die Wolkskool te registreer om in aanmerking te kom, en as jy ʼn kliënt is wat reeds geregistreer is, kom jy outomaties in aanmerking.”

Die kompetisie is oop vir inskrywing tot Januarie 2022.

Hierdie artikel het op Maroela Media verskyn, lees die oorspronklike artikel hier:

https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/gesinne-kan-skoolfonds-wen-saam-met-wolkskool-virseker/ 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!