Let Wel

Wees voorbereid vir ’n tropiese sikloon

2 min lees tyd
Motor 16 Februarie 2017 deur Virseker

Tref die regte voorsorg, bly veilig en volg hierdie wenke as jy erge stormweer verwag.

  • Probeer onderdak parker en moenie reis tot die storm bedaar het nie.
  • As jy vasgevang word in die storm, soek skuiling in ’n onderdak-parkeerarea, by ’n pertrolstasie of onder ’n brug. Wees ekstra versigtig wanneer jy aftrek en gebruik jou gevaarligte. Moenie jouself en ander in gevaar stel deur na veiligheid te haas nie.
  • Moenie onder bome parkeer nie – takke mag dalk afbreek en jou kar beskadig. Bly in jou motor en moenie ry tot die storm verby is nie.
  • As die sigbaarheid swak is wanneer jy bestuur, of as die pad te glad is, trek af en sit jou kar se gevaarligte aan.
  • Maak seker dat enige dooie of vrot takke van bome verwyder word, sodat dit nie afval tydens ’n storm nie. Maak ook seker dat sulke brokstukke nie in jou geute of dakteëls vassit nie.
  • Maak seker dat jou buitemeubels weggepak of stewig geanker is.
  • Die kragoplewing van ’n weerligstraal kan maklik jou toestelle oorlaai. Ontprop liefs jou toestelle voor die storm tref.

VLOEDE:

  • As jy in ’n area bly wat maklik oorvloei, is dit ’n goeie idee om sandsakke aan te skaf wat jy by jou ingange kan plaas om die water uit te hou. Maak ook seker dat jy items van ‘n hoë waarde weg van die vloer af skuif.
  • Gereelde instandhoudingstakies, soos die skoonmaak van geute, is baie belangrik. Dit sal die gevare verminder wat met die storm gepaard gaan.
  • Skakel jou gas en elektrisiteit af as daar vloede is.
  • Motoriste word aangeraai om nie deur die vloede te ry nie. Slegs 15cm-diep water kan jou van jou voete af slaan. Water wat 60cm of dieper is, kan ‘n kar meesleur. As die water tot aan die onderkant van jou kardeur kom, of as dit ‘n derde van jou wiel bedek, is dit nie veilig om deur te ry nie.
  • Fratsvloede is ’n gevaar wanneer riviere oor lae brûestroom. Moenie probeer om oor hierdie brûe te loop of ry wanneer daar swaar reën is nie. As jy vassit met jou motor, probeer baie stadig, in ’n lae rat, deurry.
  • As jy in jou motor is tydens ’n oorstroming, probeer liewer uit die voertuig kom en na hoërliggende gebiede toe te beweeg. Dit kan gevaarlik wees om deur die water te ry. 
Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!