Jy het ‘n nuwe kar gekoop en karversekering uitgeneem. Maar wat as jou kar nou gesteel of afgeskryf word? Gaan jou versekeraar genoeg uitbetaal om die lening af te betaal wat jy aangegaan het om jou nuwe kar te koop?
Met Virseker se Motor-Plus-opsie hoef jy gelukkig nie daaroor te wonder nie. Hou aan lees as jy wil weet hoe om seker te maak jou volledige lening word gedek, selfs al word jou kar afgeskryf voor jou motorlening afbetaal is.
Motor Plus versekering dek die verskil tussen jou kar se waarde en die geld wat jy die bank nog skuld op jou karlening. As jou kar gesteel of afgeskryf word betaal jou Omvattende Karversekering slegs uit op grond van jou kar se huidige waarde, nie op wat die kar aanvanklik gekos het nie. In die geval dat jou kar se waarde minder is as wat jy die bank nog skuld, betaal Motor Plus karversekering die verskil aan die bank.
Tekortkomingdekking: Indien jou kar gesteel of afgeskryf word dek dit die verskil tussen die volledige uitbetaling van jou karversekering en wat jy die bank nog skuld. Dit kan ‘n aardige bedrag wees om te betaal vir iets wat jy nie meer besit nie.
Persoonlike ongeluksdekking: Sou jy by ‘n ongeluk betrokke wees wat jou permanent ongeskik stel, of erger, as die ongeluk noodlottig is dek Motor Plus versekering die onkostes wat daarmee gepaard gaan. Dit kan jou agtergeblewenis ten minste gemoedsrus gee dat die begrafniskostes gedek is.
Bybetaling en paaiement beskermer (ekstra’s): As jy teen jou Virseker karversekering moet eis en daar ‘n bybetaling is, betaal Motor Plus die bybetaling terug aan jou, sodra die eis afgehandel is. Net so, sou jy jou kar verloor aan diefstal of afskryf, dek die paaiement beskermer jou maandelikse karpaaiement, terwyl die finale verlies eis nog verwerk word.
Ongelukkig weet ons dat ‘n kar se waarde daal, sodra sy eerste eienaar hom van die vertoonvloer af trek. Dus word die kar vinnig minder werd as die totale bedrag van die lening wat jy uitgeneem het om dit te finansier.
Gestel jy finansier ‘n nuwe kar en ‘n jaar later word die kar gesteel. Jy gaan Polisie toe om ‘n saak te maak en stel ‘n eis in teen jou Omvattende Karversekering. Nou wag jy, terwyl jou versekeraar die saak ondersoek en vasstel wat die waarde van jou kar is. Uiteindelik, wanneer die versekeraar besluit om uit te betaal, is die bedrag wat jy ontvang nie naastanby dieselfde as wat jy vir die kar betaal het nie. En nou het jy nie net jou kar verloor nie, maar jy skuld die bank nog geld ook!
Gelukkig vir jou het jy hierdie artikel gelees en besluit om Motor Plus versekering ook uit te neem. So nou kan jy die bedrag wat jy die bank nog skuld op jou karlening terug eis teen dié polis.
Aan die ander kant is Jan, jou gemoedelike buurman. Hy koop ‘n nuwe kar, maar besluit om nie Motor Plus versekering te kry nie. Na ‘n paar maande is Jan betrokke in ‘n groot ongeluk en sy nuwe kar word onherroeplik beskadig. Sy volledige versekering betaal die waarde van die kar terug aan hom, maar hy is die bank nog ‘n hele paar rand verskuldig. Nou moet Jan sy boot verkoop, om genoeg geld bymekaar te skraap om sy karlening af te betaal. Dit is regtig nie Jan se maand nie.
‘n Nuwe kar koop: Nuwe karre is duur. Wat meer is, hulle verloor vinnig waarde nadat hulle gekoop word. Binne die eerste jaar kan jou kar se waarde met tot 40% verminder. Dit beteken as jou kar ‘n miljoen rand gekos het, is hy na ‘n jaar net seshonderd duisend rand werd. As hy op hierdie stadium gesteel of afgeskryf word skuld jy die bank ‘n groot deel van daai 40% waarmee die kar se waarde gedaal het (nou verstaan jy hoekom Jan sy boot moes verkoop).
Nog aan jou karlening afbetaal: Werk uit hoeveel geld skuld jy nog die bank en stel vas wat die waarde van jou kar is. As jy die bank nog meer geld skuld as wat die waarde van jou kar is, kry ‘n Motor Plus polis.
Gereeld in hoë risiko areas bestuur: Jy weet as jy elke week verby ‘n padteken ry wat sê, “Hijack Hotspot,” of “High Accident Zone,” dan moet jy dalk belê in hierdie polis. As dinge skeef loop in een van daai areas mag jy dalk met meer sit (finansiële spanning) as die trauma van die ongeluk of motorkaping. Dit is natuurlik net geldig as jou kar nog gefinansier word en nie afbetaal is nie.
Let op: Jy kan slegs ‘n Motor Plus polis uitneem as jy volledige karversekering het.
Jy weet nou hoekom ‘n Motor Plus versekeringspolis uit-en-uit die moeite werd is. So moenie sloer nie, kry nou ‘n kwotasie om uit te vind wat Virseker karversekering kos.
—-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Bronne:
AA: How Quickly Does Your Car Value Depreciate?
Disclaimer: The information in this article is provided for informational purposes only and should not be construed as financial, legal, or medical advice.