Let Wel

Verskillende Paasfees tradisies

2 min lees tyd
Motor 29 Maart 2016 deur Virseker

Soos ons die Paastyd betree is ons almal besig om een of ander tipe voorbereiding te tref. Party van ons beplan ʼn rustige tydjie by die huis, ander gaan hul families sien vir ʼn lekker fees en ander gaan die lang pad aanpak vir ʼn lekker vakansie of vir ʼn godsdienstige feesviering. Indien jy ver gaan ry, onthou om versigtig te wees, om seker te maak jou motorversekering is op datum en dat jou kar padwaardig is.

Maar daar is so baie tradisies rondom Paasfees daar buite dat ons besluit het om bietjie te gaan oplees oor wat mense van verskillende kulture doen om dit te vier.

Suid-Afrika[i]

Ons begin sommer lekker by die huis. In Suid-Afrika besoek miljoene ZCC (Zion Christelikekerk) lede Moria in Polokwane om hul seëninge te ontvang by hul kerk se hoofkwartier. Hierdie tog word dan ook weer in September herhaal vir die pelgrimstog. Mans en vrouens reis in aparte busse, die vrouens sing en dans en die mans spring op en af wat daartoe lei dat ʼn stofwolk bo Moria vorm.

Die ZCC kerk is 1910 deur Engenas Lekganyane gestig; vandag is daar twee takke wat deur sy kleinseuns gelei word, Biskop Barnabas Lekganyane en Sint Engenas Lekganyane. Die twee kerke is langs mekaar en het dieselfde geloof en oortuigings maar Biskop Barnabas se gevolg dra die Dawidster terwyl die Sint Engenas gevolg ʼn duif dra.

Hongarye[ii]

In Hongarye is Paasfees ʼn groot vreugde- en kleurvolle fees. Hulle verf eiers in verskeie fraai en kleurryke patrone en eet glad nie vleis gedurende hul vas tydperk nie. Eers op Heilige Saterdag pak hul mandjies met kos, rooi eiers en sout in kerk toe om deur die dominee geseën te word. Hulle gaan op Heilige Saterdag kerk toe vir ʼn middernag opstandingsdiens.

Na die diens dra hulle baniere en ʼn Christus standbeeld deur hul dorp terwyl hulle psalms en gesange sing. Maar hulle is nog nie klaar nie. Op Paasmaandag, genaamd ‘Ducking Monday’ gooi / sprinkel mans dames met parfuum of water en dan vra hulle vir ʼn rooi eier en ʼn soen. Tot onlangs toe was die dames met emmers water gegooi.

Duitsland[ii]

Hierdie is nou die geboorteland van ons moderne paasikone, soos die paashaas en paasboom. Kinders word vertel dat die ‘Osterhase’ sjokolade eiers vir hulle weggesteek het wat hulle dan op Paassondag moet soek. Duitsers breek ook nie die eiers wat hulle in hul paasete gebruik oop nie.; twee gaatjies word bo en onder aan die eiergemaak sodat die eierwit en -geel uitloop en die dop heel bly.

Hierdie doppe word dan feestelik en kleurvol versier en aan bome en takke gehang gedurende Paasweek om die paasbome te versier. Hulle spandeer ook baie tyd saam met vriende en familie gedurende die Paastyd en kook groot feesmale vir Paassondag. Kersfeesbome word ook verbrand op ʼn groot vreugdevuur. Hierdie vuur is ʼn simboliek wat die winter groet en die lente verwelkom.

Noorweë[ii]

In Noorweë is hul Paasnaweek langer en begin dit al die Woensdagmiddag en hou die feesvieringe aan tot die Dinsdagoggend na Paasmaandag. Alhoewel hulle ook Paasfees met gekleurde eiers vier fokus hulle meer op geel hoeders as die paashaas.

Hierdie hoenders versier privaathuise, winkelvensters, koerante en tydskrifte, en verskyn ook op TV. Misdaad- en speurromans is ook ʼn groot treffer gedurende die Paastyd en jy sal selfs lekker speur TV en radiodramas kan vang. Die lees van speurverhale gedurende Paastyd is so ʼn groot gebeurtenis dat daar ʼn spesifieke genre naam voor geskep is – Paasrilles.

Mexiko[ii]

Op Palmsondag weef mense palmtakke al te pragtig, die word dan buite die kerk geplaas terwyl die diens aan die gang is. Na die diens word hierdie takke aan hul huise se deure gehang om die bose af te weer. In Mexiko neem hulle ook Paasfees toneelstukke baie ernstig op en die akteurs (wat vrywilligers uit die gemeenskap is) werk omtrent die hele jaar aan so ʼn optrede.

Op Heilige Saterdag verbrand hulle ʼn Judas beeld wat gevul is met vuurwerke. Hierdie Judas beeld is ook ʼn populêre manier vir die mense om hul afguns met ʼn publieke figuur te wys, gewoonlik ‘n ongewilde politikus.

Nou dat jy bietjie meer weet oor hoe ander kulture Paasfees vier, vertel ons hoe jy dit vier?

 

Bronne

[i]http://www.news24.com/Archives/City-Press/Moria-City-Going-north-to-find-God-20150429
[ii]http://festivals.iloveindia.com/easter/traditions/index.html

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!