Let Wel

Hoekom styg my versekeringspremie elke jaar al daal my kar se waarde

2 min lees tyd
Motor 09 Julie 2026 deur Virseker

Dit is ’n vraag wat byna elke motoris vra: “As my motor se waarde elke jaar afneem, hoekom hou my versekeringspremie aan om te styg?” Op die oog af voel dit onregverdig amper asof versekeraars net meer geld uit jou probeer kry. Maar die waarheid is dat daar geldige redes agter hierdie verhogings is, en dit gaan alles daaroor om seker te maak jy is behoorlik gedek wanneer die onverwagte gebeur. 

 

Motorwaarde vs. Versekeringspremies 

Ja, jou motor se markwaarde daal met tyd. Dit is waardevermindering. Maar versekeringspremies word nie net op die waarde van jou voertuig bereken nie. Hulle word beïnvloed deur ’n reeks faktore wat verseker dat jy vir meer as net die vervangingswaarde van jou motor gedek is. 

 

Hoofredes waarom premies styg 

  • Herstelkoste: Selfs al is jou motor ouer, styg die koste van parte en arbeid elke jaar. Moderne voertuie het ook nou weer ingewikkelde elektronika, sensors en veiligheidskenmerke wat duur is om reg te maak. 
  • Ongelukstatistieke: As ongeluk- of diefstalsyfers in jou area styg, pas versekeraars premies aan om daardie risiko te weerspieël. 
  • Inflasie: Net soos kos en brandstof, word versekeringskoste deur inflasie beïnvloed. Wanneer eise duurder raak om te dek, moet premies saam styg. 
  • Volledige dekking: Jou premie verseker dat jy volledig gedek is, nie net gedeeltelik nie. Wanneer dinge skeefloop, wil jy nie ontdek dat jou uitbetaling te klein is om herstelwerk of ander kostes te dek nie. 

 

 Dit gaan oor beskerming, nie wins nie 

Die wanpersepsie is dat versekeraars premies net verhoog om meer geld te maak. In werklikheid word premies aangepas om tred te hou met werklike kostes. As dit nie gebeur nie, loop jy die risiko om onderverseker te wees, wat beteken jy sal uit jou eie sak moet betaal wanneer eise jou dekking oorskry. Dit is die laaste ding wat jy wil hê ná ’n ongeluk. 

 

  

Jou motor se waarde mag daal, maar die risiko’s en kostes rondom eienaarskap en bestuur daal nie. Versekeringspremie-verhogings gaan nie daaroor om jou geld te vat nie maar eerder dat dit gaan daaroor om te verseker dat jy volledig gedek is wanneer jy dit die nodigste het. 

Kry jou motorversekering by Virseker 

By Virseker verstaan ons dat jou motorversekering jou gemoedsrus moet gee sonder verrassings. Kry ’n kwotasie vandag en verseker dat jy die regte dekking het teen ’n premie wat jou pas. 

 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!