Let Wel

Nuwe wiele op die horison?

2 min lees tyd
Motor 07 November 2016 deur Virseker

Nuwe wiele op die horison?

 

Jy ry soggens werk toe in jou getroue motor en kyk met verlange na die luukse kar voor jou. Die wielietjies in jou kop begin draai, “Dalk is dit tyd vir ’n nuwe kar.”

 

As jy ’n nuwe ryding kan bekostig, hoekom nie? Hokaai!  Maak seker jy weet presies waarvoor jy jouself inlaat. Hier is ’n paar wenke.

 

Doen jou huiswerk 

Daar is honderde karmodelle op die pad. Moenie laat dit jou deurmekaar maak nie! Leer soveel as wat jy kan sodat jy ’n ingeligte besluit kan neem. Hoe meer jy weet, hoe makliker sal dit wees om ’n winskopie (of foefie) raak te sien.

 

Wat het jy nodig? 

Wees realisties oor die tipe kar wat jy wil koop. Daardie splinternuwe sportsmodel lyk dalk baie belowend, maar onthou dat jou kar jou behoeftes moet vervul. Het jy kinders? Karwei jy toerusting rond? Dan is ’n afslaandak nie vir jou nie. Ry jy baie rond? Dan moet jy die ekstra koste van brandstof vir ‘n groter kar by jou besluit inreken.

 

Jou tydsberekening 

Baie verskoopsmanne probeer in Desember hulle teikens haal, en dit is ‘n goeie idee om later in die jaar na ‘n nuwe kar te kyk. Mense is ook minder geneig om in die winter karre te koop, so maak seker jy staan voor in die ry in die kouer maande.

 

Soek hulp aanlyn 

Jy hoef nie vir kilometers en kilometers te ry om ‘n nuwe motor te soek nie. Gaan eers aanlyn en kyk wat beskikbaar is in jou omgewing. Daar is baie handige webblaaie wat karre verkoop. Maak net doodseker dat jy legitieme handelaars gebruik.

 

Maak ‘n lys 

Jy het ‘n paar karre gesien waarvan jy hou. Bel nou eers die handelaars en maak seker dat die karre nog beskikbaar is voor jy al die pad soontoe ry. Sodra jy ’n kortlys het van karre wat jy wil sien, bêre dit en gee jouself nog ’n dag om jou keuses te oorweeg.

 

Vra die regte vrae 

As jy by die handelaar is, vra die verkoopsman alles wat jy wil weet oor die kar, die ekstras, diensplan en -geskiedenis, waarborge, padwaardigheid en finansiering. Wees ook seker om die kar te ondersoek en vir ‘n toetsrit te vat – op ’n voorstedelike pad en die hoofweg as jy kan.

 

Finansiering 

Min mense kan ’n kar kontant koop. As jy gelukkig is, kan jy ’n deposito betaal en sodoende die maandelikse paaiement afbring. ’n Finansieringshuis sal die kar moet finansier. Praat met die handelaar oor jou opsies wat die die koopprys van die kar (met en sonder ’n deposito), ekstra fooie, die termyn waaroor jy die kar gaan afbetaal, die finansieringshuise wat jou kar kan finansier en die rentekoers aanbetref.

 

Die fynskrif 

Wanneer dit by koopstadium kom, vra jouself: Het jy die kontrak goed deurgelees en is jy gemaklik met die maandelikse paaiemente? Jy moet beslis nie die koopkontrak teken as jy nie 100% tevrede is met jou besluit en die voorwaardes van die kontrak nie.

 

Versekering vir Daisy 

Voor jy jou nuwe ryding kan huistoe vat, moet dit verseker wees. ’n Virseker-polis sal jou nie net gemoedsrus gee nie, maar bied ook ’n omvattende reeks voordele – soos ’n Gatsakbonus, padbystand en, natuurlik, versekering in jou taal – van kwotasie tot polisboek. Kliek hier vir ’n kwotasie.

 

Die inligting vervat in hierdie artikel is slegs vir inligtingsdoeleindes.

Bepalings en voorwaardes geld. FDV-lisensienommer: 16354.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!