Let Wel

Hoe ver sal jy gaan?

2 min lees tyd
Motor 04 November 2015 deur Virseker

Dis Saterdag 2 uur. Die Bokke skop 5 uur af. Dis ons teen die Aussies in ʼn Drie Nasies finaal. Spanning loop nou al vir ʼn week lank hoog. Dalk is dit die Proteas wat later vandag vir Pakistan gaan aanpak. Hoe berei jy voor vir die dag?

 

Verf jy jou gesig die kleure van die span, trek jy net ʼn sportstrui aan, skeer jy jou rughare met jou gunsteling speler se nommer op of verf jy jou huis mooi baba-Blou-Bull-blou en dollie jou bakkie op dat almal wat kan sien sal weet watter kleur jy bloei? Onthou net dat wanneer jy jou bakkie in ʼn wrede ondersteuner verander dat jy veldbakkieversekering het – en dat jou bakkie teen kwaadwillige skade gedek is.

Na afloop van die Rugby Wêreldbeker waar mense letterlik duisende kilometers ver getoer het net om hul span te sien speel en te ondersteun, wou ons graag weet wat mense alles aanvang in die naam van sport. Hier is van die gebeurtenisse wat baie aandag getrek het.

Waar: Australië

Datum: 8 Februarie 1879

Spanne: Nieu-Suid-Wallis en Engeland

Jy raak dalk soms kwaad vir die skeidsregter, soms skreeu jy selfs op die TV; maar het jy al ooit op die veld gehardloop en iemand aangeval? Op die 8ste Februarie, 1879, het 2 000 toeskouers op die veld toegesak en die Engelse span begin aanrand nadat die skeidsregter in die Engelse span se voordeel beslis het. Die wedstryd is gestaak en gelukkig het die spelers nie te seer gekry nie. Die volgende Maandag is die spel oor gespeel waar Engeland toe die tuisspan oorwin het.

Waar: Verskeie plekke

Datum: 2004 – tot nou

Spanne: Verskeie spanne

Al gehoor van Jimmy Jump? Hy ondersteun nou dalk nie een spesifieke span of sport nie maar hy het wel ’n saak op die hart. Jimmy Jump, ʼn Spanjaard, maak ʼn punt daarvan om op so veel as moontlik sportsvelde uit te hardloop en die spel tydelik te stop – van sokker tot tennis tot Formule Een resies. Hoekom sal hy dit doen, vra jy? Hy het ʼn bewusmakinge veldtog teen rasisme, elke keer wanneer hy op ʼn veld uit hardloop dra hy ʼn hemp wat lees “Jimmy Jump teen rassisme”.

Waar: Londen

Datum: 20 April 1974

Spanne: Engeland en Frankryk

So gepraat van streakers, wie was die wêreld se eerste kaal-naloper? Dit was Michael O’Brien, ʼn 25-jarige Australiër. In 1974 toe Engeland en Frankryk teen mekaar ʼn rugby wedstryd gespeel het, het O’Brien se vriende hom uitgedaag om kaal op die veld uit te hardloop.

Waar: Londen

Datum: 6 April 1977

Spanne: Engeland en Skotland

Nadat die Skotse sokker span die sterker Engelse span 2-0 laat les opsê het, was die ondersteuners so verheug dat hulle die veld bestorm het. Hulle het op die doelhokke geklouter en op die veld rond gespeel en letterlik die veld in hul eie persoonlike speelgrond verander.

Waar: Washington DC.

Datum: Oktober 1986 – April 1998

Spanne: Washington Bullets en verskeie ander spanne

Robin Ficker, is daadwerklik ʼn super-ondersteuner. Hy het vir 12 jaar lank seisoenkaartjies gekoop en waar was sy gunsteling sitplek? Reg agter die opponente se spanbankie. Daar het hy en sy megafoon die hele spel deur die opponente uitgejou – of dit nou hul haarstyle was of kleredrag, hy was reg vir hulle. Hy het ook soms sommer vir hulle die seksuele brokkies uit Phil Jackson se outobiografie gelees net om hul aandag af te lei.

Waar: Denver

Datum: Desember 2011

Spanne: Denver Broncos

In 2011 het Juan Contreras se vriend hom ʼn weddenskap aangegaan dat mits Tim Tebow, ʼn Denver Broncos voetbalspeler, as die span se quaterback uitdraf en 5 wedstryde vir hulle wen dat Contreras ʼn tatoeëermerk moet kry. Maar nie net enige een nie, dit moet ʼn tatoeëermerk op sy bobeen wees waar Tebow ʼn perdmens is. Tebow het sy hart uitgespeel en Contreras het sy tatoeëermerk in goeie gees gekry.

Waar: Duitsland

Datum: 25Maart 2012

Spanne: FC Magdeburg en Berlin AK ’07

Nadat die FC Magdeburg span in 5 agtereen-volgende wedstryde nie een doel kon aanteken nie, het hul ondersteuners besluit om sake onderhande te neem. Op die 25ste Maart 2012, toe FC Magdeburg teen Berlin te staan kom, het van die ondersteuners met helder pyle agter die doelhok in die vorm van ʼn pyl gaan staan, om hul span te wys waar hulle die bal moet skop. Daadwerklik het dit gewerk. Met slegs 10 minute oor in die spel het FC Magdeburg ʼn doel geskop, hulle het nog steeds 2-1 verloor, maar het ten minste punte aangeteken. 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!