Let Wel

HERROEPING VAN JOU FORD KUGA – BLY INGELIG

2 min lees tyd
Motor 24 Januarie 2017 deur Virseker

Ford Kugas met ’n 1.6-liter enjin, wat tussen 2012 en 2014 vervaardig is, word herroep sodat gedwonge veiligheidstoetse uitgevoer kan word nadat ’n aantal van dié voetruie aan die brand geslaan het.

As ’n gewaardeerde Virseker-kliënt, is jou veiligheid ons eerste prioriteit. Ons vra dat alle eienaars van die geaffekteerde modelle hul voertuie so gou as moontlik na ’n Ford-handellaar toe sal vat. Jy kan ook vir Ford Suid-Afrika skakel by 0860 011 022.

As jou voertuig se enjin enige tekens van oorverhitting aandui, of as jou waarskuwingsliggie aangaan, trek asseblief onmiddelik af, skakel die enjin af en maak seker dat jy en alle passasiers wegstaan van die voertuig. Vir jou eie veiligheid, raai ons aan dat jy nie die enjinkap oopmaak nie. Indien nodig, skakel dadelik die nooddienste, en dan die Ford-padbystandsdiens by 0861 150 250. Jy kan ook Virseker se padbystandsdiens skakel by 0860 09 08 12.

Ons verstaan dat dit ’n moeilike tyd is vir Ford Kuga-eienaars. Daarom het ons hierdie lys van algemene vrae oor jou versekering saamgestel. Indien jy meer inligting nodig het, stuur gerus ’n e-pos na [email protected]

ALGEMENE VRAE

1. Is ek gedek as my Ford Kuga 1.6 aan die brand slaan as gevolg van oorverhitting van die enjin?

Ja, wees asseblief gerus dat jou voertuig gedek is.

2. Gaan Virseker 1.6-liter Ford Kugas verseker in die toekoms?

Ja, onderhewe daaraan dat alle voertuie vir die nodige veiligheidstoetse gaan, soos voorgeskryf deur Ford Suid-Afrika.

3. Ek het ’n Ford Kuga met ’n 1.6-liter enjin wat tussen 2012 en 2014 vervaardig is. Gaan dit my premie affekteer?

Ons versekerde waardes word afgelei van die Mead & McGrouther Auto Dealers-gids. As die waardes aangepas word in hierdie gids, pas ons ons premies daarvolgens aan.

4. Sal ek gedek wees as iets met my voertuig gebeur terwyl dit deur Ford Suid-Afrika herstel word?

Ja, jou voertuig sal gedek wees volgens die versekeringsopsie wat jy gekies het.

5. Sal ek gedek wees as my Ford Kuga 1.6 aan die brand slaan ná die veiligheidstoetse en herstelproses?

Ja, jou voertuig sal gedek wees volgens die versekeringsopsie wat jy gekies het.

6. Word die huurmotor wat ek gaan ontvang (as gevolg van die herroeping) gedek deur my versekering?

Ford Suid-Afrika het erken dat daar ’n tekort aan parte mag wees. Indien dit gebeur, sal die geaffekteerde Kuga-eienaars huurmotors ontvang. Ford Suid-Afrika sal die hurrmotor se deposito betaal, wat R1 500 beloop.

Ford Suid-Afrika sal die huurmotors voorsien en die versekering vir die huurmotors sal ook deur Ford Suid-Afrika gereël word. Die versekering is onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van die polis.

As Ford Suid-Afrika nie ’n huurmotor kan voorsien nie, stuur gerus ’n e-pos na [email protected].  Ons het met EuropCar onderhandel om ’n spesiale tarief vir ons kliënte te verseker.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!