
Ford Kugas met ’n 1.6-liter enjin, wat tussen 2012 en 2014 vervaardig is, word herroep sodat gedwonge veiligheidstoetse uitgevoer kan word nadat ’n aantal van dié voetruie aan die brand geslaan het.
As ’n gewaardeerde Virseker-kliënt, is jou veiligheid ons eerste prioriteit. Ons vra dat alle eienaars van die geaffekteerde modelle hul voertuie so gou as moontlik na ’n Ford-handellaar toe sal vat. Jy kan ook vir Ford Suid-Afrika skakel by 0860 011 022.
As jou voertuig se enjin enige tekens van oorverhitting aandui, of as jou waarskuwingsliggie aangaan, trek asseblief onmiddelik af, skakel die enjin af en maak seker dat jy en alle passasiers wegstaan van die voertuig. Vir jou eie veiligheid, raai ons aan dat jy nie die enjinkap oopmaak nie. Indien nodig, skakel dadelik die nooddienste, en dan die Ford-padbystandsdiens by 0861 150 250. Jy kan ook Virseker se padbystandsdiens skakel by 0860 09 08 12.
Ons verstaan dat dit ’n moeilike tyd is vir Ford Kuga-eienaars. Daarom het ons hierdie lys van algemene vrae oor jou versekering saamgestel. Indien jy meer inligting nodig het, stuur gerus ’n e-pos na queries@virseker.co.za.