Let Wel

11 wenke om meer effektief te bestuur

2 min lees tyd
Motor 15 Februarie 2016 deur Virseker

Ons almal soek maar plekkies om te sny of bietjie ekstra geld te maak. En met die lewe wat by die dag duurder raak is daar altyd ʼn gat of twee wat gestop kan word. Nou een maklike manier om jou sak bietjie te stop is om Virseker se Gatsak Bonus by jou Motorversekeringspolis te voeg – na vier eisvrye jare kry jy ʼn lekker uitbetaling. Dit gesê, is daar goed wat jy in jou alledaagse lewe kan verander om ʼn paar rand te spaar.

Ons het bietjie gaan oplees en het ʼn paar wenk gevind wat jou sal help om geld te spaar terwyl jy bestuur (en boonop sal jy ook veiliger wees).

  • Beplan jou besoeke beter. Moenie die hele wêreld onnodig plat ry nie, kyk of jy nie ʼn paar take op een roete kan afhandel nie1. Dit is bevind2 dat dit tot 8km kan neem vir voertuie om optimaal te werk, wat beteken dat kort ritte swaarder is op brandstofverbruik. Gee jouself ook genoeg tyd om by jou afsprake uit te kom sodat jy nie hoef te jaag nie. Onthou ook dat as jy verdwaal ry jy meer en dus gebruik jy meer brandstof.  
  • Ry stadiger. Nie net het jy dan meer tyd om te reageer sou iets voor jou in die pad gebeur nie, maar jy verbrand minder brandstof.
  • Draai toe daardie vensters. Alhoewel lugversorging ook jou brandstofverbrand beïnvloed, is dit beter (en veiliger) om met toe vensters en die lugversorging aan te bestuur wanneer jy vinniger as 80km ry. Toe vensters verbeter die voertuig se lugdinamika wat jou brandstofverbruik verbeter3.
  • Bestuur minder aggressief. Dit beteken probeer om nie hard te rem of vinnig wegtrek nie. Deur hard te rem skaaf jy jou remblokkies, wat beteken dat jy hulle vinniger sal moet vervangi. Om te vinnig weg te trek verbrand jy meer brandstof en kan jy jou bande beskadig.
  • Moet ook nie jou voertuig laat luier nie. Moderne voertuie het nie nodig om op te warm nie, so jy vermors net jou brandstof.
  • Diens jou voertuig gereeld. ʼn Gesonde motor ry langer (en gee minder probleme in die lang duur).
  • Wanneer jy stop om brandstof in te gooi, vra die petroljoggie om te kyk na die water en olie vlakke in jou voertuig en top dit sommer daar op as dit bietjie laag lyk.
  • Hou jou bande dop. Maak seker jou bande is reg opgeblaas, minstens twee keer per maand. Lees op in jou eienaarsboeke wat dit moet wees en wanneer jy dit moet verander. Maak ook seker dat jou bande nie te glad raak nie, en vervang hulle die oomblik wat jy sien die groefies raak bietjie vlak. Nie net is dit baie gevaarlik om so te ry nie, maar jou versekering gaan ook nie uitbetaal as jou voertuig nie pad waardig is niei.
  • Gebruik jou ratte reg. Padveiligheid van die Verenigde Koninkrykei het bevind dat jy jou ratte moet verander voordat jy 2 500 revolusies in ʼn petrol en 2 000 revolusies in ʼn diesel voertuig bereik. Hulle het bevind dat jy tot 15% in brandstof verbruik kan spaar. Hier is ʼn rowwe idee van wanneer jy ratte moet verander4:

    1ste rat: wanneer jy wegtrek, vir een kar lengte

    2de rat: 20km per uur

    3de rat: 30km per uur

    4de rat: 40 km per uur

    5de rat: 50km per uur

    6de rat: 60+ km per uur

  • Verwyder ook enige ekstra gewig aan jou voertuig (bokse in die kattebak) as ook die dakrak wanneer jy dit nie gebruik nie. Vir elke 45kg wat jou voertuig ligter is kan jy 1% brandstof spaarii.
  • Watse skoene het jy aan? Hypermiler.co.uk2 het bevind dat groot skoene jou voete minder sensitief los wanneer jy die pedale gebruik en dus trap jy dit dan onbewus harder.

Bronne:

1http://businesstech.co.za/news/wealth/107541/10-ways-to-save-on-your-fuel-bill/

2http://www.theguardian.com/environment/green-living-blog/2011/mar/25/hypermiling-tips

3http://www.environment.gov.au/settlements/transport/fuelguide/tips.html

4http://www.ecodrive.org/en/what_is_ecodriving-/the_golden_rules_of_ecodriving/

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!