Let Wel

Wyse woorde oor die liefde

2 min lees tyd
Huis 01 Maart 2016 deur Virseker

Dis nie altyd maklik om jou gevoelens in woorde uit te druk nie. En alhoewel Afrikaans so ʼn lekker vry en baklei taal is, val mense tog maar soms oor jou tong wanneer vir iemand probeer verduidelik wat presies in jou hart is.

Moenie verder bekommer nie hier by Virseker bied ons bystand, nie net vir wanneer jy langs die pad gaan staan of as ʼn bal deur die kombuisvenster vlieg nie maar ook vir wanneer jy moet plek bespreek by ʼn lekker restaurant of hotel of opsoek is na ʼn bietjie vermaak. En omdat ons altyd ons mense bystaan in hul tyd van nood het ons bietjie gaan soek na wat die wyse manne (en dames) sê oor die liefde.

 

Hier is ʼn paar goeie aanhalings wat ons hartsnare laat roer het.

 

Geluk is die resultaat van liefde en diens. Wees man in die lewe kind in die natuur

~ Reenick1

 

DIE BELANGRIKSTE WOORDE

Die ses belangrikste woorde:

'Ek waardeer wat jy gedoen het.'

Die vyf belangrikste woorde:

'Ek het 'n fout gemaak.'

Die vier belangrikste woorde:

'Hoe voel jy daaroor?'

Die drie belangrikste woorde:

'Sal jy asseblief?'

Die twee belangrikste woorde:

'Baie dankie.'

Die belangrikste woord:

'Ons'

Die onbelangrikste woord:

'EK.'

~ Anoniem 1

 

Die liefde is ʼn dubbeldoor – iets te wen en iets verloor.

~ Koos Du Plessis2

 

Ons s’n is dít: bestáán (hoe klein ook), bly bestaan

met: juistheid; bietjie trots; en heelwat liefde;

en eindeloos vergiffenis vir áls:

niemand tref dit móói met die heelal nie; 

eintlik moet ons leer ironies lewe:

én: binne ironie nog liefde hou.

~ N.P. van Wyk Louw 2

 

sonder jou liefde is die graaf te swaar vir my en val die geil reëns van die berge sonder doel.

~ D.J. Opperman2

 

ek stuur vir jou ʼn berggansveer

mits dese wil ek vir jou sê

hoe diep my liefde vir jou lê

~ Boerneef 2

 

ek wil vir jou ʼn gewelhuisie bou

 in die boland van my hart...

maar ek wil vir jou my lewe gee

in die wit afdophuisie van my hart...

~ Koos Kombuis2

 

Onse liefde het nie wet nodig nie, my hart.

P.G. du Plessis 2

 

vye word suur, maar die liefde, maar die liefde is soeter as vye

~ Breyten Breytenbach 2

 

Liefde is soos kwiksilwer in ʼn mense se hand : as die hand oopgemaak word, bly dit daar, maar as dit vasgegryp word, verdwyn dit.

~ Dorothy Parker 2

 

Afwesigheid is vir die liefde wat die wind is vir die vuur: dit blaas die kleintjie dood en waai die grote groter.

~ Roger de Bussy-Rabutin 2

 

Die liefde bestaan driekwart uit nuuskierigheid.

~ Giovanni  Jacopo Casanova 2

 

ʼn soen sonder snor is soos pap sonder sout.

~ Anoniem 2

 

Bronne:

1http://www.oocities.org/vdwej/proverbsag.htm

3G. Claassen, P. Muller en M. van Tonder. 2007 Die Groot Aanhalingsboek. Human & Rousseau. Kaapstad.

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!