Let Wel

Wenke vir eksamentyd

2 min lees tyd
Huis 22 September 2016 deur Virseker

Die einde van die jaar beteken groot dinge vir skoliere en studente. Die eindeksamen is om die draai en daar kan baie druk op sommige jongmense geplaas word. Maak seker dat jy, as ouer, nie bydrae tot die stres nie.

 

Ouers se verantwoordelikhede

  • Ondersteun en bemoedig jou kind, en gee hom/haar ’n positiewe uitkyk op die eksamen.
  • Hou hulle dop vir fisiese simptome van stres soos maagpyn, hoofpyn en naarheid. Jou kind mag dalk ’n aanvulling nodig hê. Dit is ook belangrik vir hom/haar om genoeg te slaap, en ’n gesonde leefstyl te handhaaf. 
  • Moenie onrealistiese verwagtinge skep nie. As jy te veel druk op jou kind plaas, kan hy/sy kwaad, geïrriteerd en bang word. Dit is glad nie goed vir hulle geestesgesondheid nie.
  • Help met beplanning – mits hulle instem. Vra jou kind of hulle jou hulp nodig het met hulle studierooster.

 

Studente se verantwoordelikhede

  • Vermy onnodige stres; soos vriende wat gedurig negatief is oor die eksamen.
  • Maak genoeg tyd om deur al die werk te kom, maar moenie vergeet om te rus nie.
  • Wees voorbereid – vra die onnies/dosente as jy onseker is oor iets, en maak seker jy verstaan al die werk.
  • Praat met iemand as jy ondersteuning nodig het. Vra om hulp – niemand sal jou kwalik neem nie.

 

Onthou, die eksamen is belangrik, maar dis belangrik om perspektief te hou. Sterkte aan al die leerders en studente. Ons staan bankvas agter julle!

 

Laastens, vir dié studente wat amper klaar is met universiteit en nou die ‘grootmenswêreld’ gaan betree, lees gerus meer oor Virseker se omvattende dekking en voordele. Versekering is dalk nie nou al jou eerste prioriteit nie, maar as jy goed ingelig is oor karversekering, huisinhoudversekering en gebouversekering, sal jy sommer gou-gou kan beheer neem van jou toekoms. 

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!