Let Wel

Voorsorgmaatreëls vir die Kaapse storm

2 min lees tyd
Huis 07 Junie 2017 deur Virseker

Die Weerburo waarsku inwoners van die Wes- en Noord-Kaap om voorbereid te wees vir yskoue temperature, swaar reën, sneeu en stormwinde. Omdat ons by Virseker omgee oor jou en jou familie se welstand – asook jou besittings – het ons ’n handige oorsiglys saamgestel vir dié ernstige weerstoestande:

 

HAEL EN SNEEU:

  • As jy in ’n area bly wat gereeld erge ryp of sneeu ervaar, is dit belangrik om seker te maak dat die strukture om jou huis die ekstra gewig kan dra, en dat jy maklik enige opgeboude ys kan verwyder. Versterk strukture indien moontlik.
  • Los jou motor onderdak wanneer hael en sneeu voorspel word. Probeer ook om nie êrens heen te ry tot die storm bedaar het nie.
  • As jy vasgevang word in die storm, soek skuiling in ’n onderdak-parkeerarea, by ’n petrolstasie of onder ’n brug. Wees ekstra versigtig wanneer jy langs die pad aftrek en gebruik jou gevaarligte. Moenie jouself en ander in gevaar stel deur na veiligheid te haas nie.
  • Moenie onder bome parkeer nie – takke mag dalk afbreek en jou kar beskadig. Bly in jou motor en moenie ry tot die storm verby is nie.
  • As daar nie nabye skuiling is nie, trek langs die pad af as dit veilig is. Jou kar mag dalk haelskade opdoen, maar dit is veiliger as om deur die storm te ry wanneer die sigbaarheid swak en die paaie glad is.
  • Nóg ’n idee is om ’n dik kombers in jou kar te hou sodat jy dit oor die enjinkap kan gooi om haelskade te vermy.

VLOEDE:

  • As jy in ’n area bly wat gereeld oorvloei, is dit ’n goeie idee om sandsakke aan te skaf wat jy by jou ingange kan plaas om die water uit te hou. Maak ook seker dat jy items van ʼn hoë waarde weg van die vloer af skuif.
  • Gereelde instandhouding, soos die skoonmaak van geute, is baie belangrik. Dit sal die gevare verminder wat met die storm gepaard gaan.
  • Skakel jou gas en elektrisiteit af as daar vloede is.
  • Motoriste word aangeraai om nie deur die vloede te ry nie. Slegs 15cm-diep water kan jou van jou voete af slaan. Water wat 60cm of dieper is, kan ʼn kar meesleur. As die water tot aan die onderkant van jou kar se deur kom, of as dit ʼn derde van jou wiel bedek, is dit nie veilig om deur te ry nie.
  • Fratsvloede is ’n gevaar wanneer riviere oor lae brûestroom. Moenie probeer om oor hierdie brûe te loop of ry wanneer daar swaar reën is nie. As jy vassit met jou motor, probeer baie stadig, in ’n lae rat, deurry.
  • Moenie briek as jy te vinnig op ’n waterstortterrein afry nie. Haal eerder jou voet van die versnelpedaal af en laat die motor geleidelik spoed verloor. Moet nooit te skielik briek trap nie. Jy kan beheer verloor oor die voertuig, en hy mag dalk begin gly.
  • As jy in jou motor is tydens ’n oorstroming, probeer liewer om uit die voertuig te kom en na hoërliggende gebiede toe te beweeg. Dit kan gevaarlik wees om deur die water te ry

ERGE DONDERSTORMS, WIND EN WEERLIG

  • Maak seker dat enige dooie of vrot takke van bome verwyder word, sodat dit nie afval tydens ’n storm nie. Maak ook seker dat sulke brokstukke nie in jou geute of dakteëls vassit nie.
  • Maak seker dat jou tuinmeubels weggepak of stewig geanker is.
  • Die kragoplewing van ’n weerligstraal kan maklik jou toestelle oorlaai. Ontkoppel liefs jou toestelle voor die storm tref.
  • As die sigbaarheid swak is wanneer jy bestuur, of as die pad te glad is, trek af en sit jou kar se gevaarligte aan.
  • Moenie skuiling onder bome soek nie. Takke en ander puin kan op jou val en jou beseer.

 

Hou asseblief die weervooruitsigte dop en gebruik die wenke hierbo.

 

Groete

Die Virseker-span

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!