Let Wel

Verander jou lewe in 2018

2 min lees tyd
Huis 18 Januarie 2018 deur Virseker

Die Nuwejaar bring baie veranderinge. Meeste van ons is gemotiveerd om nuwe dinge aan te pak, en ons lewens beter te handhaaf. Maar dit vat wilskrag en selfdissipline – iets wat baie mense reeds vóór die einde van Januarie ontvlug. Lees gerus deur hierdie lys vir ’n hupstoot in die regte rigting.

Beplan vooruit

Een ding is baie belangrik onder hierdie stap: wees spesifiek. Wanneer jy beplanning doen vir die Nuwejaar moet jy jou doelwitte spesifiek uiteensit, en nie net ’n oorsig daarvan skep nie. ’n Voorbeeld van ’n onoordenkde doelwit is “Staan vroeër op”. ’n Beter, meer spesifieke doelwit sal wees “Staan 05:30 op in die week, en 07:30 oor die naweek”.

Wat is meer belangrik?

Jy wil dalk 10 goed op een slag aanpak, maar mens funksioneer beter as jy slegs een ding kies en daarop fokus. Jy kan oorweldig raak en alles terselfdetyd opgee. As jy byvoorbeeld gewig wil verloor dié jaar, fokus eers daarop om ’n gesonde eetplan onder die knie te kry voor jy begin oefen.

Moet dit nie oordoen nie

Met jou nuutgevonde motivering om op te spring en aan die gang toe kom, loop jy ook die risiko dat jy te veel, te vinning probeer doen. Dit is belangrik om jou plan só uit te lê dat jy genoeg doen om verandering te sien, maar jouself nie ooreis nie.

Jou gemaksone

Dis geen geheim dat almal ’n sekere mate van gemak en veiligheid binne ons roetines ervaar.  Jy wil graag jou doelwitte bereik, maar jou gemaksone keer jou om die nodige veranderinge te maak. Die volgende punte is belangrik: Maak seker jy weet wat saboteer jou, meng met die regte mense, vestig nuwe gewoontes en kry terugvoer by ’n geliefde.

As jy hierdie vier punte kan bemeester, sal jy baie makliker jou 2018-doelwitte bereik. Moenie moed opgee nie. Of jy nou beter wil begroot of ’n marathon wil hardloop, met die regte disipline is enige iets moontlik.

N.S. Om jou versekering na te sien in die Nuwejaar moet ook op jou lysie wees. Onthou om enige nuwe bates te verseker. Ons bied ’n verskeidenheid produkte aan om aan jou unieke behoeftes te voorsien.

Bron: www.rooirose.co.za 
Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!