Let Wel

Vat só, winter!

2 min lees tyd
Huis 09 Junie 2017 deur Virseker

Die winter is in al sy glorie op ons. Ons sukkel om warm te bly, en só is ons nog in ’n kragkrisis gedompel ook. Virseker het ’n handige oorsiglys saamgestel sodat jy en jou familie veilig sal bly – en die winterbloutes kan
verdryf – dié koue seisoen.

 

Wees veilig op die pad

Die Suid-Afrikaanse winter hou unieke risiko’s in. Daar is ’n paar voorsorgsmaatreëls wat jy kan tref om veilig op die pad te bly.

  • Maak seker dat jou kar se bande reg gepomp is en genoeg loopvlak het. 
  • Toets jou motor se verwarmer en ontwasemingstoestelle.
  • Dra altyd ’n goeie sonbril en ry versigtig wanneer die sigbaarheid swak is weens winterglans.
  • Soek vir klein krakies of barsies in jou voorruit en herstel dit so gou as moontlik.
  • Maak seker dat jou motor se battery nog genoeg lewe het, en vervang die enjin-olie en vriesmiddel indien nodig.
  • Moenie vergeet om jou kar te diens nie.
  • Laastens, maak seker dat jy altyd ʼn noodplan in plek en noodnommers byderhand het, en dat jy voldoende verseker is.

Vind uit hoe jy jou ryding kan verseker. 

 

Bly warm in jou huis

Jy kan geld spaar en die koue afweer met hierdie wenke.

  • Skakel elke dag jou geiser vir ’n paar uur af.
  • Maak seker daar is geen gleuwe wat die koue by jou huis inlaat nie.
  • Laat isoleer jou plafon, jou geiser en die geiserpype. 
  • Hou jou gordyne toe sodra dit koeler word. 
  • Onthou om altyd ’n flits en kerse byderhand te hê. 
  • Komberse, warmwatersakke en pantoffels is ’n moet!

 

Wees gerus dat jou huisinhoud veilig is hierdie winter. Kry huisinhouddekking deur Virseker. 

 

Voel goed regdeur die winter

Hier is ’n paar dinge wat jy kan doen om die voel-goed-hormone aan die gang te hou.

  • Dis maklik om jou na trooskos te vergryp as dit koud is. Kook eerder ’n groot pot groentesop en vries dit vir daardie dae wanneer jy nie gaan wil kosmaak nie. 
  • Kry ’n bietjie oefening in en voel hoe jou endorfiene die hoogte inskiet. As dit reën of sneeu, kan jy binne oefen. Jy sal ook meer energie hê.
  • As jy siekerig voel, kry goeie rus in en neem ’n dosis homeopatiese medisyne (soos kruietee) en vitamien C.

 

Bronne:

http://www.vrouekeur.co.za/huis-tuin/wenke/virseker-handige-oorsiglys-koue

http://www.rooirose.co.za/bly-warm-die-winter/

http://www.rooirose.co.za/oorkom-die-winter-blues/

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!