Let Wel

Oom Paul en die eerste reëns

2 min lees tyd
Huis 13 Oktober 2017 deur Virseker

Stephanus Johannes Paulus Kruger, of sommer net ‘Oom Paul’, is op 10 Oktober 1825 gebore. Volgens die ou Afrikaanse legende, is ons veronderstel om op hierdie dag die eerste reëns van die seisoen te kry. Maar, het jy geweet, dat navorsing aandui dat sy aanvaarde geboortedatum foutief kan wees? G’n wonder die somerreën val al van September in sekere dele van die land nie!

 

Vinnige Paul Kruger feite

-       Hy was ʼn voortrekker, soldaat en politikus.

-       Hy is in sy leeftyd vier keer tot staatspresident verkies.

-       Die Krugerwildtuin en die Krugerrand munt, en ook ’n hele paar strate in Suid-Afrika, Nederland en Vlaandere is na hom vernoem.

-       Hy was die derde kind van ouers Kasper Jan Hendrik Kruger en Elsie Francina Steyn.

-       Hy was twee keer getroud, en was pa van 17 kinders. Van sy kroos het op ʼn baie jong ouderdom gesterf.

-       Hy is in Clarens, in Switserland, oorlede. Hy het vir vier jaar daar gewoon voor sy afsterwe.

 

Hoe nou gemaak met die reën?

Die druppels is altyd welkom, maar dit kan skade aan jou huis en kar verrig as jy nie die noodwendige voorsorgmaatreëls tref nie. Hier is ʼn paar wenke:

  1. Ondersoek jou dak deeglik. Kyk van onder af, en ook na die teëls en skoorsteen, as jy een het. Maak seker dat krake of los teëls nie die dak blootstel aan weerstoestande nie. Kyk ook vir roes, en bome of plante wat dalk die dak kan beskadig. Skakel ʼn kontrakteur as jy hulp nodig het.
  2. Maak seker jou geute is skoon sodat die reën maklik daardeur kan vloei. Enige blokkasies kan beteken dat dit oorvloei, en moontlike skade in jou huis kan verrig.
  3. Kyk of al jou deure en vensters nog goed seël, en of die dak enige tekens van waterringe, muf of donker vlekke aandui.
  4. Maak seker alles wat buite staan en vernis nodig het nog in ’n goeie toestand is om waterskade te vermy.
  5. As jy in ’n area bly wat gereeld oorvloei, is dit ’n goeie idee om sandsakke aan te skaf wat jy by jou ingange kan plaas ingeval jy die water moet uithou. Maak ook seker dat jy items van ʼn hoë waarde weg van die vloer af skuif.
  6. Los jou motor onderdak wanneer hael voorspel word.
  7. Probeer om nêrens heen te ry as die weer baie sleg is nie. As jy reeds in erge reën vasgevang is, soek skuiling in ’n onderdak-parkeerarea, by ’n petrolstasie of onder ’n brug. Wees ekstra versigtig wanneer jy langs die pad aftrek en gebruik jou gevaarligte. Moenie jouself en ander in gevaar stel deur na veiligheid te haas nie.

Bronne:

www.maroelamedia.co.za

www.mieliestronk.com

www.property24.com

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!