Let Wel

Ons braai in Afrikaans

2 min lees tyd
Huis 20 Februarie 2018 deur Virseker

Suid-Afrikaners is bekend vir baie dinge, maar die belangrikste daarvan is ons braaivernuf. Wat is dan nou lekkerder as om ‘n vuurtjie aan te steek en ’n sappige vleisie te braai? Maar braai is meer as net ’n metode om jou kos gaar te maak. Dit is een van die beste maniere om ’n bietjie son, en kwaliteit-tyd saam met ons vriende en familie te geniet. Virseker gee ’n paar wenke vir die nuwe braaier.


Lank, lank gelede

Argeoloëgiese bewyse toon dat ons voorvaders al eenmiljoen jaar terug reeds vuur gebruik het – om vleis gaar te maak, en om wilde diere weg te hou. En boonop was dit net hier in ons midde, in die Wieg van die Mensdom (Cradle of Humankind). Dit was ’n belangrike draaipunt in die mensegeskiedenis. Alhoewel, dit word geglo dat die mens nog nie self vuur kon maak nie. Weerlig sou vure veroorsaak, wat dan brandende takke sou voorsien.


Braaibou vir beginners

Ons het darem al toestelle om ’n vuur aan die gang te kry, maar om te braai is ’n groot verantwoordelikheid! Dis belangrik om te weet hoe om alle tipes vleis te braai, en om al die gaste se spesiale versoeke te gemoed te kom. Jy moet ook die kole ken.

So, die eerste ding wat jy moet weet is dat daar verskillende maniere is om ’n braai te bou. Jy kan met hout braai, met houtskool, met brikette, of met gas. Dis jou keuse waarmee jy wil braai, en elke metode hang af van hoe lank jy wil braai, hoeveel dit jou gaan kos, en hoe jy wil hê die vleis moet proe.


Hout: Vir die rowwe, professionele braaier. Daar word gesê dat vleis op sy lekkerste proe as dit op hout gebraai is. Die nadeel is dat jy die regte tipe hout moet gebruik, en die hitte kan moeilik wees om te beheer.


Houtskool: Nagenoeg aan hout, maar makliker (en effe duurder). Dit brand vinniger, en dis aansienlik makliker om die hitte te beheer.


Brikette: Brikette is baie gerieflik en vrylik beskikbaar in supermarkte. Dit hou ook redelik lank. Aan die ander kant is dit bietjie morsig om skoon te maak en dit vat langer om die regte hitte te bereik.

Gas: Vir die entoesiastiese braaier is gas ’n “nee”, maar dit het tog sy voordele. Dis maklik om die temperatuur te beheer en daar is nie enige as om op te vee ná die tyd nie. Die nadeel is natuurlik dat jy nie die egte braai-smaak gaan kry nie.


Toets die kole

Dit is ’n kuns om te weet wanneer die kole reg is vir braai. Die beste is maar om jou hand oor die rooster te hou en te voel. As jy jou hand vir vyf sekondes kan hou, is die kole reg vir biefstuk, sewe sekondes – wors en tjops, en om en by 10 sekondes vir hoender. As jy alles op dieselfde tyd gaar wil hê, pak die vleis van binne na buite, byvoorbeeld hoender aan die kante, en biefstuk in die middel.


Skakel in op kykNET

Kuier saam en leer meer oor braai met Toks & Tjops. Virseker is die trotse borg van die nuwe seisoen op kykNET. Skakel elke Vrydagaand om 20:00 in vir hierdie informele kletsprogram oor braai, rugby en musiek. Aangebied deur Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer.

Bronne: http://www.ibtimes.com/when-did-man-discover-fire-ancestors-modern-humans-used-fire-350000-years-ago-new-1758607; http://www.braai.co.za/blog/generalbraai/history-and-importance-of-the-first-braai/; http://braai.com/braai-information/historyofbraai/; http://www.capetownmagazine.com/cape-confidential/your-guide-to-becoming-a-braai-master/123_22_1904<h/6>
Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!