Let Wel

Moedertaalonderrig bou die fondasie

2 min lees tyd
Huis 08 Junie 2018 deur Virseker

Van kombuistaal, tot wêreldtaal, Afrikaans is hier om te bly. Alhoewel dit nie aldag meer so algemeen is vir kinders om slegs in Afrikaans skool te gaan nie, meen kenners dit is noodsaaklik vir jongemense om moedertaalonderrig te ontvang.

Wat is moedertaal?

Volgens Afrikaans.com, is moedertaal “die taal wat jy eerste geleer het, die beste verstaan, jou die beste in kan uitdruk, die meeste gebruik”. Dit vorm die boustene vir sukses later in jou lewe. “Net wanneer ’n mens jou moedertaal onder die knie het, kan jy die basiese vaardighede van lees, skryf en syfergeletterdheid aanleer.”

Buig die boompie

Hoe jonger, hoe beter. Kinders leer op hulle beste in die eerste ses jaar van hulle lewens. Hulle kan maklik nuwe inligting inneem en verwerk. Dit is belangrik dat die moedertaal ook die huistaal is, sodat kinders wat skool toe gaan verder oorweldig word met hierdie groot stap nie. Dit sal hulle deelname in die klaskamer verbeter, en ook hulle begrip.

Moedertaalonderrig bevorder ’n kind se selfvertroue, kreatiwiteit, emosionele stabiliteit en – uiteindelik – hul akademiese uitkoms. Verder, vergemaklik dit die aanleerproses van ’n tweede taal.

Die Universiteit van Stellenbosch se Prof. Christa van der Walt sê “indien kinders die luukse gehad het om in hul moedertaal op skool onderrig te word, sal hulle taamlik gou die vaardighede in ’n ander taal, meestal Engels, ook ontwikkel.”

Interessante feite

  • 21 Februarie is Internasionale Moedertaalonderrig Dag.
  • Alhoewel ons 11 ampetlike tale het, maak sprekers van Afrikaans en Engels amper ‘n kwart van die Suid-Afrikaanse bevolking uit.
  • Moedertaalonderrig is jou reg volgens die Suid-Afrikaanse Grondwet, artikel 29.
  • Die Virseker Trust het al, sedert sy bestaan in 2012, meer as R20 miljoen geskenk aan moedertaalonderrig en verskeie Afrikaanse inistiatiewe.


Die Virseker Trust

Elke maand gebruik Virseker ’n gedeelte van ons kliënte se premies en plaas dit in die Virseker Trust. Die Trust fokus op die bevordering van Afrikaanse onderrig en het, sedert sy bestaan in 2012, al in ’n blinknuwe Afrikaanse universiteit – Akademia, verskeie studiebeurse, die Rapport Onderwysfonds, Virseker Beker en die ontwikkeling van Afrikaanse leertoepassing belê. Die Trust lê tans veral klem op die uitbreiding van Akademia se wêreldklas fasiliteite, wiskunde-ondersteuning in behoeftige gemeenskappe en verdere beurstoekennings vir uitblinkstudente.

Akademia is tans in sy sesde akademiese jaar en hulle het al sewe disiplines by die Raad geakkrediteer. Daar is sewe studiesentrums regoor die land waar studente interaktiewe sessies saam met lektors bywoon.


Bronne

Afrikaans.com:

http://afrikaans.com/leerhulp/moedertaalonderrig/#moedertaal

Netwerk24:

https://www.netwerk24.com/ZA/Eikestadnuus/Nuus/Moedertaalonderrig-van-kardinale-belang-20150812

https://www.netwerk24.com/huisgenoot/Nuus/dit-is-waarom-moedertaalonderrig-belangrik-is-se-kenners-20170528

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!