Let Wel

Iets wat jy verseker nodig het

2 min lees tyd
Huis 08 Augustus 2018 deur Virseker

Die lewe is onvoorspelbaar, en jy weet nooit watse wilde draaie die pad gaan vat nie. Die enigste sekerheid wat ons het, is onsekerheid. Dus het ons het geen ander keuse as om onsself so goed moontlik voor te berei vir wat die toekoms mag inhou nie.

Jy werk hard vir jou geld – moenie laat rampe of ongelukke jou finansiële welstand bedreig nie. Die beste skild wat jy teen die onvoorspelbaarheid van die lewe het, is lang- en korttermynversekering.

“Ek glo nie in versekering nie”

Kan jy jou kar vervang as hy spoorloos verdwyn? Kan jy vir duur mediese behandeling betaal as jy siek word? Meeste mense antwoord “nee”, en daarom is versekering meer as net ’n wrok aankopie. Jy voel dalk asof die maandelikse koste van versekering te veel is om jou leefstyl te onderhou. Inteendeel! Die ware voordeel van versekering is die vermindering van jou persoonlike, finansiële risiko en die ondersteuning wat jy nodig het ten tye van stres.

Hoekom is verskillende tipes versekering belangrik?

  • Karversekering: Suid-Afrika het ’n hoë ongeluk- en diefstalsyfer, daarom is karversekering noodsaaklik. Plus, jy kan jou dekking aanpas volgens jou leefstyl.
  • Huisinhoudversekering: Onthou dat selfs natuurlike rampe, soos baie reën, skade aan jou huisinhoud kan verrig. Verseker jou huisinhoud vir ‘n klein maandelikse fooi om ’n reuse finansiële terugslag te vermy.
  • Geboueversekering: As jy ’n huis besit, moet jy die gebou beskerm teen die elemente en ongelukskade. Dit kan jou verskriklik baie geld uit die sak uit jaag as jou huis se struktuur beskadig word.
  • Besigheidsversekering: As jy ’n besigheidseienaar is, is dit imperatief dat jy jouself teen verlies en aaspreeklikheid verseker. Besigheidsversekering kan jou die voorsprong laat behou.
  • Mediese versekering: Mediese onkostes skiet die hoogte in, daarom is dit beter om aan ’n mediese fonds te behoort, veral as jy ’n familie het. Jy kan ’n hospitaalplan kry, of omvattende dekking.
  • Lewens- en gevreesdesiekte-versekering: As jy iets oorkom, wil jy tog weet dat jou geliefdes na omgesien word. Of, as jy baie siek word, wil jy nog ’n vaste inkomste hê. Daarom is hierdie versekering ’n noodsaaklikheid. Dit verhoed ook dat jou familie jou skuld dra na jou afsterwe.
  • Reisversekering:Alhoewel dit nie noodsaaklik is nie, kan reisversekering dekking vir mediese onkostes, vlugvertragings- of kansellasies, verlore bagasie en meer bied.
  • Troeteldierversekering: Enige iets kan met jou diertjie gebeur. Hierdie versekering kan die hoë koste van veeartsrekeninge dek. 07

Boer maak ’n plan

Volgens die AA, is daar tans meer as 11 miljoen geregistreede voertuie op ons paaie, waarvan amper 70% onversekerd is. Dit beteken dat daar wel meer as 3 miljoen Suid-Afrikaners is wat versekering belangrik ag. Selfs met die hoë lewenskoste, vind hulle nogsteeds ’n manier om voorsiening te maak vir die toekoms.

Nie almal het dieselfde dekking nodig nie. Skakel ons by 0861 00 75 30 vir ’n pasgemaakte, verpligtingvrye kwotasie vir jou kar, huis, geboue of besigheid. Onthou ook, as jy reeds versekering het, om dit gereeld op datum te bring – veral ná belangrike lewensgebeurtenisse soos trou, ’n nuwe baba of huiskoop.

Bronne:

https://www.fin24.com/Money/Insurance/Why-insurance-is-important-20140414

https://www.hippo.co.za/news/aa-releases-statistics-on-car-insurance-in-south-africa/

https://www.expatica.com/za/finance/Insurance-In-South-Africa_105891.html

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!