Let Wel

Die belangrikheid van rus

2 min lees tyd
Huis 15 Desember 2017 deur Virseker

Rus is uiters noodsaaklik. Niemand kan dit vermy om te rus nie – ’n mens sal uitbrand. Dit kan ’n reeks fisiese en psigiese probleme veroorsaak. Meeste mense rus nie genoeg nie, en die kwaliteit van hul rus is swak.

Henk Schalekamp, Adjunk-Uitvoerende Hoof: Operasionele Dienste by Solidariteit, het ’n artikel geskryf oor rus op Maroelamedia.co.za. Hy sê “ons word baie keer gedryf deur ons eie vrese en situasies om besig te bly sodat ons nie nodig het om dit wat ongemaklik is aan te spreek en uit te sorteer nie”. Henk sê verder “om te rus is ’n doelbewuste keuse. Met te min rus is die lewe nie volhoubaar nie en op een of ander stadium gaan die tekens van te min rus sigbaar word”.

Hoe om te rus

Dis belangrik om al die aspekte van jou menswees te verken en die regte stappe te neem om rus vir elkeen te soek: liggaam, siel en gees. Rus kan verkry word deur te slaap, ’n gesonde leefstyl te handhaaf, en aktiwiteite te geniet wat nie met werk te doen het nie, bv. lees en ander stokperdjies.   

Henk stel “volhoubare rus” voor. Dit beteken  om nie jou rus heeljaar af te skeep en dan te probeer inhaal nie. Jy moet elke dag iets doen wat as rus tel, en meer as net slaap is. Hier is ’n paar maniere hoe om te rus en jouself op te kikker:

- Knip ’n uiltjie as jy die kans kry, of maak gereeld tyd daarvoor.

- Moenie op jou foon of rekenaar kyk ná werk nie, skakel heeltemal af.

- Geniet die natuur – stap ’n bietjie buite rond.

- Leer om goed in stilte te doen.

- Lees ’n boek of vul ’n blokkiesraaisel in.

- Doen oefening as ’n stresverligter.

- Begin ’n nuwe stokperdjie.

Ons wil graag hê jy moet sonder bekommernis kan rus, daarom bied ons omvattende dekking vir jou motor, huisinhoud en meer. Volg hierdie skakel vir meer inligting oor ons produkte.

Vir die volle artikel wat deur Henk Schalekamp geskryf is, besoek hierdie skakel: http://bit.ly/2kkZMHI

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!