Let Wel

Cullinan: ’n ware diamant

2 min lees tyd
Huis 15 Maart 2018 deur Virseker

As jy opsoek is na ’n oulike wegbreekplek met baie om te doen, moet die pragdorpie Cullinan heel eerste op jou lys wees.

Cullinan is mees bekend vir die Cullinan Diamant. Dié diamant, wat in 1905 ontdek is, is die grootste wat nog ooit opgeteken is (3 106 karaat, of meer as 0.6kg). Die Transvaalse regering het die diamant gekoop en as ’n gesekenk aan Koning Edward VII gegee. Die Cullinan het nie sy egte vorm behou nie – hy is in drie gedeel en twee van die diamante spog nou op die Britse kroon en septer. Die derde een het Koningin Elizabeth II by haar moeder, Koningin Mary, geërf.

Vandag myn en vervaardig hulle nogsteeds diamante in Cullinan. Jy kan selfs op ’n begeleide toer van die myne gaan en, wie weet, dalk kan jy ’n blinkdingetjie van jou eie opspoor!

Maar daar is meer aan Cullinan as net sy mynbedrywighede. Die dorp spog ook met ’n museum, gerestoreerde huisies, kunsgallerye, klein winkeltjies en verskeie restaurante. Jy kan selfs gholf speel. Hier is ’n paar dinge om te doen in Cullinan:

  • Abseil en gaan stap in die pragtige Muningikloof
  • Slaan bongo-dromme saam met vriende
  • Rits op ’n kabel af oor die kloof
  • Besoek Jan Harmsgat se Agterplaas
  • Geniet ’n avontuurtoer op ’n 4x4 of vierwielmotorfiets
  • Besoek die Cullinan diamantmyn en museum

Cullinan loop oor van sjarmante blyplekke, so as jy vir ’n langnaweek wil kuier, sal die dorp jou met ope arms verwelkom. Dit is slegs ’n uur se ry van OR Tambo en omtrent 30 minute van Pretoria-Oos.

Geniet jou kuier in Cullinan!

Bronne:

www.gauteng.net/neighbourhoods/cullinan

https://en.wikipedia.org/wiki/Cullinan,_Gauteng

www.SA-venues.com

Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!