Let Wel

Vrywaring

2 min lees tyd
18 Februarie 2016 deur Virseker
  • Ons beloof om alle persoonlike inligting wat ons ontvang deur middel van die Virseker webtuiste as vertroulik te beskou. Persoonlike inligting is alle inligting wat persoonlik is vir u en wat u vir ons aanstuur deurmiddel van dié webtuiste.
  • Dit beteken dat enige inligting wat u vir ons gee deur middel van ons webtuiste, slegs deur Virseker gebruik sal word en nie vir enige derdepartye aangestuur sal word nie, tensy die gereg dit toelaat en/of versoek, of mits u ons toestemming gee.
  • Die inligting wat u op die webtuiste indien, is slegs veilig mits u ʼn veilige internet konneksie gebruik.
  • As gevolg van die aard van die internet is dit nie moontlik om te waarborg dat u inligting veilig is nie. Virseker neem alle redelike stappe om u persoonlike inligting teen verlies, misbruik of ongemagtigde veranderinge te beskerm.
  • Virseker wil u graag gerus stel dat ons daarna streef om vir u ʼn genotvolle en veilige ondervinding te gee en u so min as moontlik wil blootstel aan enige risiko’s.
  • Indien u enige verder inligting rakende ons webwerf of die inhoud van dié polis benodig, stuur asseblief ʼn epos na [email protected].
  • Die inligting vervat in hierdie webwerf is veronderstel, maar is nie gewaarborg, om, volledig, korrek en opgedateer te wees. Die inligting word deur Virseker beskikbaar gestel sonder enige waarborg, hetsy uitdruklik of geimpliseer, dat alles korrke is. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir die relevansie of akkuraatheid vir enige van die inligting op die webwerf nie. Virseker aanvaar ook geen verantwoordelikheid vir enige foute of weglatings op hierdie webwerf nie.
  • Die Bepalings en Voorwaardes op hierdie webwerf is slegs vir inligtingsdoeleindes en mag van tyd tot tyd verander. Ons kan dus nie waarborg dat u tans die mees onlangse weergawe het nie. Ons wil u dus waarsku om nie noodwendig slegs staat te maak op hierdie Bepalings en Voorwaardes indien u `n polis by ons uitneem nie.
  • Die inligting en besonderhede op hierdie webwerf is onderhewig aan verandering sonder kennisgewing.
  • Virseker mag, volgens eie diskresie die werking van hierdie webwerf, of alle produkte of dienste hier aangebied, opskort of termineer sonder enige voorafwaarskuwing.
  • Die dekking aangebied volgens die inligting op die webwerf verskaf is onderhewig aan die Bepalings en Voorwaardes soos gevind in die versekeringspolis.
  • Virseker beskik oor die kopiereg van al die werke wat op hierdie webwerf te vinde is.
  • Enige handelsmerke wat deur Virseker registreer is behoort aan Virseker. Hierdie handelsmerke mag nie kopieer, vertoon of gebruik word deur enige iemand anders behalwe as Virseker skriftelik daartoe toestemming verleen het nie.
  • Enige verwysing na, of die gebruik van `n produk, diens of proses deur `n derde party beteken nie dat Virseker dit aanbeveel, goedkeur of daarmee geaffilieer is nie.
  • Virseker neem geen verantwoordelikheid van enige aard vir enige verlies, hetsy direk of indirek, wat as `n gevolg van inligting wat beskikbaar gemaak is op hierdie bladsye gely word nie.
  • Gebruik van die webwerf of enige aksies wat as gevolg van die gebruik daarvan mag plaasvind word beheer deur die wette van die Republiek van Suid-Afrika. Deur van hierdie webwerf gebruik te maak stem die gebruiker in om onderhewig te wees aan die oordeel van die howe in Suid-Afrika rakende alle dispute wat mag voortspruit daaruit.
  • Indien u enige verder inligting rakende ons webwerf en die inligting daarvan vervat benodig, e-pos gerus vir [email protected]
Het jy hierdie geniet?

Teken op vir die nuutste Virseker nuus!

Bly op hoogte van alles Afrikaans!

Verwante Blogs