Let Wel

Virseker se “Maak jou stem dik” kompetisie

  1. Jou deelname aan die kompetisie en die ontvang van die prys(e) (sou jy wen) is afhangend van jou bindende aanvaarding van die bepalings en voorwaardes, beide vir jouself en die individue met wie jy die prys gaan deel, (sou die prys vir jou en ’n addisionele persoon “jou metgesel” wees). 
  2. ‘n Persoon kan as volg inskryf om deel te neem aan hierdie kompetisie:

    2.1.   Deur om die Virseker vraelys in te vul en sy/haar NAAM, VAN en kontak besonderhede in vul op Virseker se digitale vraelys platform.

  3. Die kompetisie begin op 1 Mei 2021 en eindig op 30 Junie 2021.  Alle inskrywings moet voor middernag op 30 Junie 2021 ontvang word.
  4. Die prys is 1 van vyf R1000 Takealot.com geskenkbewyse.
  5. Sou die wenner nie binne 24-uur telefonies bereik kon word na afloop van die trekking nie, sal die pryse oorgedra word na ’n nuut verkose wenner of naaswenner.
  6. Die wenner se inskrywing sal in ‘n trekking via Microsof Excel gedoen word uit alle inskrywings ontvang gedurende die kompetisiedatums.
  7. Die volgende lys mense mag nie aan hierdie kompetisie deelneem nie:

    Lede of werkers van:
    7.1.      Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk en/of Virseker
    7.2.      enige partye wat borgskappe toestaan en die maatskappye of agentskappe wat met hulle affilieer of assosieer; en
    7.3.      die onmiddellike familielede van die lede of werkers by al die instansies hierbo genoem.

  8. Geen deelnemers jonger as 18 jaar mag aan die kompetisie deelneem nie.
  9. Deur aan die kompetisie deel te neem stem jy daartoe in dat Virseker vir jou elektroniese en direkte bemarking informasie mag stuur wat handel oor produkte, dienste en offers, en met ons ‘n indikasie kry dat jy nie meer bemarking informasie van ons wil ontvang nie. Jy is onder geen omstandighede verplig om ‘n versekeringspolis uit te neem by Virseker of enige geaffilieerde maatskappye wanneer dit aan jou gevra word nie. Jy kan enige tyd die bogenoemde maatskappye in kennis stel dat jy nie verdere bemarkings inligting wil ontvang nie.
  10. Die maatskappye kan nie vir die volgende aanspreeklik gehou word nie:

    10.1.   verlore, laat, vertraagde, misplaaste, onverstaanbare of onvoltooide inskrywings;
    10.2.   probleme of foute indien enige telefoniese, elektroniese, sagteware, internet, netwerk of rekenaarverwante kommunikasie, oordrag of komponent wan funksioneer;
    10.3.   enige kwessies wat veroorsaak word deur omstandighede buite ons beheer en wat kan lei tot ontwrigting of omverwerping van enige aspek van die kompetisie; en
    10.4.   indien enige komponent in die kommunikasieproses wan funksioneer en ’n inskrywing as gevolg hiervan nie ontvang word nie.

  11. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige beserings of skade wat jy en / of jou besitting asook die van enige ander persoon opdoen tydens die inskrywing van hierdie kompetisie of wanneer jy addisionele materiaal vir hierdie kompetisie bekom nie. 
  12. Die verantwoordelikheid lê by jou om te verseker dat die inligting wat ons van jou ontvang korrek, op datum en volledig is. 
  13. Enige addisionele kostes wat jy aangaan anders as die gespesifiseerde kostes wat genoem en ingesluit is in die prys, is vir jou eie rekening. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige kostes wat jy en / of jou metgesel (indien van toepassing) aangaan tydens die verloop van die kompetisie en inskrywing of die ontvang of en gebruik van die prys(e) nie.
  14. Ons gee geen waarborg of vertoë, hetsy uitdruklik of implisiet, in verband met die prys(e) nie asook in besonder maar nie uitsluitlik nie dat:
    14.1.   jou deelname en / of inskrywing in die kompetisie sal beteken dat jy ’n prys wen nie;
    14.2.   die prys(e) asook die dele daarvan jou en jou metgesel (indien van toepassing) se standaarde, vereistes, verwagtinge of voorkeure sal ontmoet nie; of
    14.3.   die prys(e) asook die dele daarvan betroubaar, bevredigend, stiptelik, veilig en vry van gebreke sal wees nie.
  15. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige eise, nadelige effekte, skade of verlies met die ontvang van die prys(e) of enige elemente daarvan nie, asook vir geen veranderinge tot die prys(e) wat enige tyd bygebring kan word nie.  
  16. Pryse kan nie omgeruil, oorgedra, of uitgeruil word vir enige ander item nie.
  17. Indien dit onwettig is vir ons om ’n prys aan jou te lewer kan jy dit nie wen nie, en sal jy die prys verbeur.   
  18. Die verantwoordelikheid en kostes lê by jou om al die nodige dokumente en toestemming te verkry om die prys(e) te ontvang en te kan gebruik vir die nodige tydperk soos voorgeskryf deur die toepaslike owerhede. Hierdie dokumente kan insluit, maar is nie uitsluitlik toepaslik op die spesifieke kompetisie nie, die nodige reis (beide nasionaal en internasionaal, soos toepaslik) en verblyf dokumente, byvoorbeeld paspoort en visum, om die prys(e) te kan geniet nie.
  19. Ons behou die reg om jou te vra vir die nodige en addisionele inligting, binne perke, sodat ons die oorhandiging aan jou en jou gebruik van die prys(e) kan verwerk en fasiliteer.     
  20. Die wenners stem in om hul samewerking te gee en deel te neem aan al die maatskappye se openbare of media geleenthede wat verband hou met die kompetisie. Hulle stem ook in dat hul besonderhede en foto op die maatskappye se webwerwe en of sosiale media platforms mag verskyn sonder enige betaling.
  21. In die geval dat die prys deur ’n derdeparty hanteer word, sal hulle jou kontak en julle sal saam op ’n geskikte afleweringstyd en -plek besluit. Die onus lê by jou om die prys te ontvang soos afgespreek. Alle korrespondensie met betrekking tot die prys moet gerig word aan die verskaffer daarvan. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige verdere korrespondensie, eise, nadelige effekte, skade of verlies rakende die ontvang van die prys(e) of enige elemente daarvan nie.
  22. Die maatskappye as ook die derdeparty verskaffer behou die reg om beide die kompetisie en die prys(e) of enige aspekte daarvan te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer enige tyd sonder enige kennisgewig vir enige rede wat ons nodig ag. In die geval dat die bogenoemde plaas vind, stem jy in om afstand te doen van alle regte in verband met die hierdie kompetisie en erken dat jy geen eis teen die maatskappye sal hê nie.
  23. Jy stem in daartoe dat jou deelname aan die kompetisie, asook jou aanvaarding en / of die gebruik van die prys, of enige aspek daarvan, op jou eie risiko is.
  24. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid en neem geen aanspreeklikheid vir enige skade, verlies, koste of skade (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestraffende of gevolglike) van enige aard, weens  nalatigheid of enige ander oorsake, rakende jou en / of jou metgesel (indien van toepassing) se deelname aan die kompetisie en / of die aanvaarding en / of gebruik van die prys(e) en / of die optrede van die maatskappye binne die perke van die bepalings en voorwaardes. 
  25. In die geval van jou dood of die van jou familie, afhanklikes, erfgename, afgevaardigdes of enige ander begunstigdes van jou boedel, stel jy die maatskappye vry van enige eise van enige aard hetsy as gevolg van nalatigheid of enige ander oorsaak, met betrekking tot enige besering, verlies, aanspreeklikheid, koste en / of skade wat jy mag ly, ongeag die oorsaak wat deur jou en / of jou metgesel (indien van toepassing) met betrekking tot jou inskrywing in hierdie kompetisie en / of aanvaarding en / of gebruik van die prys teen die maatskappye in gesit is
  26. Jy erken dat die aanvaarding en gebruik van die prys(e) onderhewig is aan die voorwaarde dat:
    26.1.   al die bepalings en voorwaardes vir beide jouself en jou metgesel (indien van toepassing) geld en dat julle albei instem om daartoe gebind te wees, daaraan sal voldoen en  sal voortgaan daarmee;
    26.2.   jy stel die maatskappye vry van enige aanvaarding en / of verantwoordelikheid ten opsigte van enige lyding, skade, of verlies wat jy, jou metgesel of enige derdeparty opdoen in verband met die aanvaarding en / of gebruik van die prys(e).
  27. Indien jy of jou metgesel (indien van toepassing) nie aan die bepalings en voorwaardes voldoen nie, kan ons sonder benadeling van enige ander middel wat ons besit:
    27.1.   jou outomaties diskwalifiseer, wat beteken dat jy die prys sal verbeur (indien jy klaar gewen het);
    27.2.   jou verantwoordelik hou vir enige skade of verlies wat die betrokke maatskappye lei, asook al die regskoste (insluitende prokureur en eie kliënt koste) wat kan oploop indien enige stappe geneem word teen jou en / of jou metgesel (indien van toepassing) rakende julle nienakoming; en
    27.3.   jou verantwoordelik hou vir enige eise deur enige persoon, (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestraffende of gevolglik) van enige aard, in die geval van nalatigheid of enige ander oorsaak, met betrekking tot enige dood, besering, verlies en / of skade wat gely kan word, ongeag die oorsaak in verband met jou en / of jou metgesel (indien van toepassing) se nienakoming.  
  28. Vir die doeleindes van hierdie bepalings en voorwaardes, verwys “die maatskappye” na die direkteure, beamptes, werknemers, agente en verteenwoordigers van:
    28.1.   Virseker, Auto & General of Telesure Investment Holdings (Pty) Ltd;
    28.2.   die maatskappye en agentskappe wat met hulle affilieer of assosieer; en
    28.3.   enige partye wat borgskappe toestaan
  29. Hierdie bepalings en voorwaardes word uitgelê, geïnterpreteer en afgedwing in ooreenstemming met die kontrakwette en geskilbeslegting in die Republiek van Suid-Afrika.
  30. Die maatskappye en die beoordelaars se beslissings rakende enige kwessies te doen met hierdie kompetisie en bepalings en voorwaardes is finaal en bindend en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  31. Virseker behou die reg om die veldtog enige tyd te beëindig.
  32. Indien daar enige indikasie van vuilspel vermoed word rondom inskrywings en hoe ‘n persoon hulle bekom het sal die persoon nie in die wenner trekking ingesluit word nie.
  33. Virseker is ’n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk, ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (FDV-lisensienommer: 16354).