Let Wel

Virseker se kwoteer initiatief Junie/Julie 2021

  1. Jou deelname aan die initiatief en die ontvang van die prys is afhangend van jou bindende aanvaarding van die bepalings en voorwaardes.
  2. ‘n Persoon kan as volg kwalifiseer om ‘n R400 aanlyn geskenkbewys te ontvang:

    2.1.  Deur om te reageer op ‘n SMS wat Virseker aan al die deelnemers van die Virseker en KykNET se Beter in ‘n bakkie kompetisie uitstuur om die wenner van die kompetisie bekend te maak en daarna ‘n verpligtingvrye kwotasie te voltooi by Virseker.

    2.2.  Standaard SMS tariewe geld, ‘verniet’ SMS bundels geld nie.

  3. Die initiatief begin op 24 Junie 2021 en eindig op 2 Julie 2021. Jou versoek vir ‘n kwotasie moet voor middernag op 2 Julie 2021 ontvang word.
  4. Die prys wat jy sal ontvang:

    4.1. Een R400 aanlyn koopbewys wat geadminestrateer word deur Incentiv (incentiv.co.za).

  5. Die volgende lys mense mag nie aan hierdie  deelneem nie:

     

    Lede of werkers van:

    5.1.  Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk en/of Telesure Investment Holdings (TIH) en/ of Virseker en/of Dotjam en/of Incentiv en/of KykNET en/of die Boer soek ‘n Vrou produksie span

    5.2.  enige partye wat borgskappe toestaan en die maatskappye of agentskappe wat met hulle affilieer of assosieer; en

    5.3.  die onmiddellike familielede van die lede of werkers by al die instansies hierbo genoem.

  6. Geen deelnemers jonger as 18 jaar mag aan die initiatief deelneem nie.
  7. Deur aan die initiatief deel te neem stem jy daartoe in dat Virseker vir jou elektroniese en direkte bemarking informasie mag stuur wat handel oor produkte, diens en offers, hierdie toestemming geld ook na 1 Junie 2021 tot en met ons ‘n indikasie kry dat jy nie meer bemarking informasie van ons wil ontvang nie. Jy is onder geen omstandighede verplig om ‘n versekeringspolis uit te neem by Virseker of enige geaffilieerde maatskappye wanneer dit aan jou gevra word nie. Jy kan enige tyd die bogenoemde maatskappye in kennis stel dat jy nie verdere bemarking inligting meer wil ontvang nie.
  8. Die maatskappye kan nie vir die volgende aanspreeklik gehou word nie:

    8.1.  verlore, laat, vertraagde, misplaaste, onverstaanbare of onvoltooide inskrywings;

    8.2.  probleme of foute indien enige telefoniese, elektroniese, sagteware, internet, netwerk of rekenaarverwante kommunikasie, oordrag of komponent wan funksioneer;

    8.3.  enige kwessies wat veroorsaak word deur omstandighede buite ons beheer en wat kan lei tot ontwrigting of omverwerping van enige aspek van die initiatief; en

    8.4.  indien enige komponent in die kommunikasieproses wan funksioneer en ’n inskrywing as gevolg hiervan nie ontvang word nie.

  9. Die verantwoordelikheid lê by jou om te verseker dat die inligting wat ons van jou ontvang korrek, op datum en volledig is. 
  10. Enige addisionele kostes wat jy aangaan anders as die gespesifiseerde kostes wat genoem en ingesluit is in die prys, is vir jou eie rekening. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige kostes wat jy (indien van toepassing) aangaan tydens die verloop van die initiatief en inskrywing of die ontvang of en gebruik van die prys(e) nie.
  11. Ons gee geen waarborg of vertoë, hetsy uitdruklik of implisiet, in verband met die prys(e) nie asook in besonder maar nie uitsluitlik nie dat:

    11.1.  die prys(e) asook die dele daarvan jou (indien van toepassing)  standaarde, vereistes, verwagtinge of voorkeure sal ontmoet nie; of

    11.2.  die prys(e) asook die dele daarvan betroubaar, bevredigend, stiptelik, veilig en vry van gebreke sal wees nie.

  12. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige eise, nadelige effekte, skade of verlies met die ontvang van die prys(e) of enige elemente daarvan nie, asook vir geen veranderinge tot die prys(e) wat enige tyd bygebring kan word nie.  
  13. Pryse kan nie omgeruil, oorgedra, of uitgeruil word vir enige ander item nie.
  14. Indien dit onwettig is vir ons om ’n prys aan jou te lewer kan jy dit nie wen nie, en sal jy die prys verbeur.   
  15. Ons behou die reg om jou te vra vir die nodige en addisionele inligting, binne perke, sodat ons die oorhandiging aan jou en jou gebruik van die prys(e) kan verwerk en fasiliteer.     
  16. Die wenners stem in om hul samewerking te gee en deel te neem aan al die maatskappye se openbare of media geleenthede wat verband hou met die initiatief. Hulle stem ook in dat hul besonderhede en foto op die maatskappye se webwerwe en of sosiale media platforms mag verskyn sonder enige betaling.
  17. In die geval dat die prys deur ’n derdeparty hanteer word, sal hulle jou kontak en julle sal saam op ’n geskikte afleweringstyd en -plek besluit. Die onus lê by jou om die prys te ontvang soos afgespreek. Alle korrespondensie met betrekking tot die prys moet gerig word aan die verskaffer daarvan. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige verdere korrespondensie, eise, nadelige effekte, skade of verlies rakende die ontvang van die prys(e) of enige elemente daarvan nie. Aflewering van die pryse is beperk tot areas geleë binne die grense van die Republiek van Suid-Afrika.
  18. Die maatskappye as ook die derdeparty verskaffer behou die reg om beide die initiatief en die prys(e) of enige aspekte daarvan te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer enige tyd sonder enige kennisgewig vir enige rede wat ons nodig ag. In die geval dat die bogenoemde plaas vind, stem jy in om afstand te doen van alle regte in verband met die hierdie initiatief en erken dat jy geen eis teen die maatskappye sal hê nie.
  19. Jy stem in daartoe dat jou deelname aan die initiatief, asook jou aanvaarding en / of die gebruik van die prys, of enige aspek daarvan, op jou eie risiko is.
  20. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid en neem geen aanspreeklikheid vir enige skade, verlies, koste of skade (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestraffende of gevolglike) van enige aard, weens  nalatigheid of enige ander oorsake, rakende jou deelname aan die initiatief en / of die aanvaarding en / of gebruik van die prys(e) en / of die optrede van die maatskappye binne die perke van die bepalings en voorwaardes. 
  21. Jy erken dat die aanvaarding en gebruik van die aanlyn koopbewys onderhewig is aan die voorwaarde dat:

    21.1.  al die bepalings en voorwaardes geld en dat jy instem om daartoe gebind te wees, daaraan voldoen en sal voortgaan daarmee;

    21.2.  jy stel die maatskappye vry van enige aanvaarding en / of verantwoordelikheid ten opsigte van enige lyding, skade, of verlies wat jy of enige derdeparty opdoen in verband met die aanvaarding en / of gebruik van die prys(e).

  22. Indien jy nie aan die bepalings en voorwaardes voldoen nie, kan ons sonder benadeling van enige ander middel wat ons besit:

    22.1.  jou outomaties diskwalifiseer, wat beteken dat jy die prys sal verbeur (indien jy klaar gewen het);

    22.2.  jou verantwoordelik hou vir enige skade of verlies wat die betrokke maatskappye lei, asook al die regskoste (insluitende prokureur en eie kliënt koste) wat kan oploop indien enige stappe geneem word teen jou rakende nie nakoming; en

    22.3.  jou verantwoordelik hou vir enige eise deur enige persoon, (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestraffende of gevolglik) van enige aard, in die geval van nalatigheid of enige ander oorsaak, met betrekking tot enige dood, besering, verlies en / of skade wat gely kan word, ongeag die oorsaak in verband met jou nienakoming.  

  23. Vir die doeleindes van hierdie bepalings en voorwaardes, verwys “die maatskappye” na die direkteure, beamptes, werknemers, agente en verteenwoordigers van:

    23.1.  Virseker, Auto & General of Telesure Investment Holdings (TIH), Dotjam, Incentiv, KykNET en die Boer soek ‘n Vrou produksiespan

    23.2.  die maatskappye en agentskappe wat met hulle affilieer of assosieer; en

    23.3.  enige partye wat borgskappe toestaan

  24. Hierdie bepalings en voorwaardes word uitgelê, geïnterpreteer en afgedwing in ooreenstemming met die kontrakwette en geskilbeslegting in die Republiek van Suid-Afrika.
  25. Die maatskappye en die beoordelaars se beslissings rakende enige kwessies te doen met hierdie initiatief en bepalings en voorwaardes is finaal en bindend en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  26. Virseker behou die reg om die veldtog enige tyd te beëindig.
  27. Indien daar enige indikasie van vuilspel vermoed word rondom inskrywings en hoe ‘n persoon hulle bekom het sal die persoon nie in die wenner trekking ingesluit word nie.
  28. Virseker is ’n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk, ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (FDV-lisensienommer: 16354).