Let Wel

CoronaVirus

Ongelukke gebeur – dít weet ons almal. Op die pad, in die huis, waar jy ook al is. Geisers bars, hael val, en slaggate lê op wag. Die noodlot respekteer nie die grendelstaat nie.

Dis juis in dié onsekere tyd wanneer jy versekering nodig het wat by jóú staan. En dít doen Virseker dubbel en dwars: as 'n produk van Auto & General wat tot R 35 miljoen premieverligting aan al hul kliënte beskikbaar maak. As jy ons nodig het, is ons só tot jou diens:

  • Ons besef dat jy nou, meer as ooit, hulp nodig het. Alhoewel die meeste van ons hier by Virseker nie nou op kantoor werk nie, is ons konsultante beskikbaar as jy navrae of eise het.
  • Ons aanlynportaal is enige tyd, dag of nag, beskikbaar as jy 'n verandering aan jou polis wil aanbring.
  • As jy buigsaamheid met jou premie benodig, sal ons ons bes doen om jou te help, afhangende van jou unieke omstandighede:
    • As jy 'n laer premie benodig, kan ons help deur dekking wat jy nie op die oomblik nodig het nie (bv. motorhuur of sekere draagbare besittings, soos juweliersware) te verwyder.

Kontak ons om meer uit te vind oor hoe ons jou kan help.

Jy mag, weens die nasionale landswye afsondering, oproep-wagtye wat langer as gewoonlik is, ondervind. Wees asseblief geduldig en onthou dat ons ons uiterste doen om jou van hulp te wees.

Gebruik gerus enige van die volgende alternatiewe kontakmetodes as ons telefoonlyne oorval is:

  • Kliek hier vir jou polisinligting, om dokumente af te laai, om ʼn self-inspeksie ten opsigte van jou kar te doen, ʼn eis in te dien, of veranderinge aanlyn aan jou polis te maak.
  • Indien jy ʼn noodgeval het, bel 0861 33 37 85 vir Ongeluk- en Padbystand.

Stuur vir ons ‘n e-pos:

Besoek die Suid-Afrikaanse regering se webtuiste hier om op datum te bly met die nuutste verwikkelinge en inligting oor COVID-19 (Koronavirus).