Ongelukke gebeur – dít weet ons almal. Op die pad, in die huis, waar jy ook al is. Geisers bars, hael val, en slaggate lê op wag. Die noodlot respekteer nie die grendelstaat nie.
Dis juis in dié onsekere tyd wanneer jy versekering nodig het wat by jóú staan. En dít doen Virseker dubbel en dwars: as 'n produk van Auto & General wat tot R 35 miljoen premieverligting aan al hul kliënte beskikbaar maak. As jy ons nodig het, is ons só tot jou diens:
Kontak ons om meer uit te vind oor hoe ons jou kan help.
Jy mag, weens die nasionale landswye afsondering, oproep-wagtye wat langer as gewoonlik is, ondervind. Wees asseblief geduldig en onthou dat ons ons uiterste doen om jou van hulp te wees.
Gebruik gerus enige van die volgende alternatiewe kontakmetodes as ons telefoonlyne oorval is:
Stuur vir ons ‘n e-pos:
Besoek die Suid-Afrikaanse regering se webtuiste hier om op datum te bly met die nuutste verwikkelinge en inligting oor COVID-19 (Koronavirus).