Die produk bied dekking vir jou kar teen diefstal, brandskade en skade wat jy aan ander se voertuie of eiendom rig in die geval van ‘n ongeluk.

Virseker is 100% trots Afrikaans en waar moontlik probeer ons ook ander Afrikaanse besighede ondersteun, maar om seker te maak ons staan jou so gou as moontlik by in tye van nood, maak ons soms van Engelse derdeparty diensverskaffers gebruik.
Dekking vir jou kar se klankstelsel kan addisioneel by jou polis gevoeg word.
'n Huur kar kan addisioneel by jou dekking gevoeg word sodat ons vir jou 'n stel leenwiele reël terwyl jou kar reggemaak word.
Dekking vir die kappie van jou kar kan addisioneel by jou polis gevoeg word.
