Virseker X AIG Kaartjie kompetisie Bs en Vs
1. Jou deelname aan die kompetisie en die ontvang van die prys(e) (, indien jy wen) is afhangend van jou bindende aanvaarding van die bepalings en voorwaardes, beide vir jouself en die individue met wie jy die prys gaan deel. (sou die prys vir jou en ’n addisionele persoon “jou metgeselle” wees)
2. Die prys is wen ‘n VIP suite of jou deel van 150 kaartjies.
3. ‘n Persoon kan as volg inskryf om deel te neem aan hierdie kompetisie:
3.1. Voltooi die inskrywingsvorm volledig wat op Virseker se platforms beskikbaar is om in te skryf.
3.2. Indien jy instem om ’n verpligtingvrye kwotasie te ontvang, sal jy 10 ekstra inskrywings kry. Jy hoef nie die kwotasie te aanvaar vir jou deelname om geldig te wees nie.
3.3. Bestaande Virseker kliënte kan inskryf deur om op die e-posse wat gestuur is te reageer en ‘n volledige kwotasie te voltooi op ‘n produk wat nog nie deel vorm van hul bestaande polis nie.
4. Die kompetisie begin 1 Augustus 2026 en sluit 30 Oktober 2026 teen middernag
5. Sou die wenner nie binne 48-uur telefonies bereik kon word na afloop van die trekking nie, sal die pryse oorgedra word na ’n nuut verkose wenner of naaswenner.
6. Die wenner se inskrywing sal lukraak in ‘n gelukkige trekking gekies word uit alle inskrywings ontvang gedurende die kompetisiedatums. Virseker se besluit om die wenner seleksie is finaal.
7. Die volgende lys mense mag nie aan hierdie kompetisie deelneem nie:
Werkers van:
7.1. Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk en/of Virseker en/of Afrikaans is Groot;
7.2. enige partye wat borgskappe toestaan en die maatskappye of agentskappe wat met hulle affilieer of assosieer; en
7.3. die onmiddellike familielede van die lede of werkers by al die instansies hierbo genoem.
8. Geen deelnemers jonger as 18 jaar mag aan die kompetisie deelneem nie.
9. Virseker sal toegang tot jou data hê by wyse van inskrywing vir digitale bemarkingsdoeleindes en dat Virseker gekontak kan word indien iemand versoek dat die herbemarking stop.
10. Die maatskappye kan nie vir die volgende aanspreeklik gehou word nie:
10.1. verlore, laat, vertraagde, misplaaste, onverstaanbare of onvoltooide inskrywings
10.2. probleme of foute indien enige telefoniese, elektroniese, sagteware, internet, netwerk of rekenaarverwante kommunikasie, oordrag of komponent wanfunksioneer;
10.3. enige kwessies wat veroorsaak word deur omstandighede buite ons beheer en wat kan lei tot ontwrigting of omverwerping van enige aspek van die kompetisie; en
10.4. indien enige komponent in die kommunikasieproses wanfunksioneer en ’n inskrywing as gevolg hiervan nie ontvang word nie.
11. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige beserings of skade wat jy en / of jou besitting asook die van enige ander persoon opdoen tydens die inskrywing van hierdie kompetisie of wanneer jy addisionele materiaal vir hierdie kompetisie bekom nie.
12. Die verantwoordelikheid lê by jou om te verseker dat die inligting wat ons van jou ontvang korrek, op datum en volledig is.
13. Enige addisionele kostes wat jy aangaan anders as die gespesifiseerde kostes wat genoem en ingesluit is in die prys, is vir jou eie rekening. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige kostes wat jy en / of jou metgeselle (indien van toepassing) aangaan tydens die verloop van die kompetisie en inskrywing, of gedurende die ontvang en gebruik van die prys(e) nie.
14. Ons gee geen waarborg of vertoë, hetsy uitdruklik of implisiet, in verband met die prys(e) nie asook in besonder maar nie uitsluitlik nie dat:
14.1. jou deelname en / of inskrywing in die kompetisie sal beteken dat jy ’n prys wen nie;
14.2. die prys(e) asook die dele daarvan jou en jou metgeselle (indien van toepassing) se standaarde, vereistes, verwagtinge of voorkeure sal ontmoet nie; of
14.3. die prys(e) asook die dele daarvan betroubaar, bevredigend, stiptelik, veilig en vry van gebreke sal wees nie.
15. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige eise, nadelige effekte, skade of verlies met die ontvang van die prys(e) of enige elemente daarvan nie, asook vir geen veranderinge tot die prys(e) wat ter enige tyd bygebring kan word nie.
16. Pryse kan nie omgeruil, oorgedra, of uitgeruil word vir enige ander item nie. Pryse is nie oordraagbaar vir kontant nie.
17. Indien dit onwettig is vir ons om ’n prys aan jou te lewer kan jy dit nie wen nie, en sal jy die prys verbeur.
18. Die verantwoordelikheid en kostes lê by jou om al die nodige dokumente en toestemming te verkry om die prys(e) te ontvang en te kan gebruik vir die nodige tydperk soos voorgeskryf deur die toepaslike owerhede. Hierdie dokumente kan insluit, maar is nie uitsluitlik toepaslik op die spesifieke kompetisie nie, die nodige reis (beide nasionaal en internasionaal, soos toepaslik) en verblyf dokumente, byvoorbeeld paspoort en visum, om die prys(e) te kan geniet nie.
19. Ons behou die reg om jou te vra vir die nodige en addisionele inligting, binne perke, sodat ons die oorhandiging aan jou en jou gebruik van die prys(e) kan verwerk en fasiliteer.
20. Die wenners stem in om hul samewerking te gee en deel te neem aan al die maatskappye se openbare of media geleenthede wat verband hou met die kompetisie. Hulle stem ook in dat hul besonderhede en foto op die maatskappye se webwerwe en of sosiale media platforms mag verskyn sonder enige betaling.
21. In die geval dat die prys deur ’n derdeparty hanteer word, sal hulle jou kontak en julle sal saam op ’n geskikte afleweringstyd en -plek besluit. Die onus lê by jou om die prys te ontvang soos afgespreek. Alle korrespondensie met betrekking tot die prys moet gerig word aan die verskaffer daarvan. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige verdere korrespondensie, eise, nadelige effekte, skade of verlies rakende die ontvang van die prys(e) of enige elemente daarvan nie.
22. Die maatskappye asook die derdeparty verskaffer behou die reg om beide die kompetisie en die prys(e) of enige aspekte daarvan te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer ten enige tyd sonder enige kennisgewig vir enige rede indien ons dit nodig ag. In die geval dat die bogenoemde plaasvind, stem jy in om afstand te doen van alle regte in verband met hierdie kompetisie en erken jy dat jy geen eis teen die maatskappye sal hê nie.
23. Jy stem in daartoe dat jou deelname aan die kompetisie, asook jou aanvaarding en / of die gebruik van die prys, of enige aspek daarvan, op jou eie risiko is.
24. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid en neem geen aanspreeklikheid vir enige skade, verlies, koste of skade (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestrafwende of gevolglike) van enige aard, weens nalatigheid of enige ander oorsake, rakende jou en / of jou metgeselle (indien van toepassing) se deelname aan die kompetisie en / of die aanvaarding en / of gebruik van die prys(e) en / of die optrede van die maatskappye binne die perke van die bepalings en voorwaardes.
25. In die geval van jou dood of die van jou familie, afhanklikes, erfgename, afgevaardigdes of enige ander begunstigdes van jou boedel, stel jy die maatskappye vry van enige eise van enige aard, hetsy as gevolg van nalatigheid of enige ander oorsaak, met betrekking tot enige besering, verlies, aanspreeklikheid, koste en / of skade wat jy mag ly, ongeag die oorsaak wat deur jou en / of jou metgeselle (indien van toepassing) met betrekking tot jou inskrywing in hierdie kompetisie en / of aanvaarding en / of gebruik van die prys teen die maatskappye ingestel is.
26. Jy erken dat die aanvaarding en gebruik van die prys(e) onderhewig is aan die voorwaarde dat:
26.1. al die bepalings en voorwaardes vir beide jouself en jou metgeselle (indien van toepassing) geld en dat julle albei instem om daartoe gebonde te wees, daaraan sal voldoen en sal voortgaan daarmee;
26.2. jy stel die maatskappye vry van enige aanvaarding en / of verantwoordelikheid ten opsigte van enige lyding, skade, of verlies wat jy, jou metgeselle of enige derdeparty opdoen in verband met die aanvaarding en / of gebruik van die prys(e).
27. Indien jy of jou metgeselle (indien van toepassing) nie aan die bepalings en voorwaardes voldoen nie, kan ons sonder benadeling van enige ander middel wat ons besit:
27.1. jou outomaties diskwalifiseer, wat beteken dat jy die prys sal verbeur (indien jy klaar gewen het);
27.2. jou verantwoordelik hou vir enige skade of verlies wat die betrokke maatskappye ly, asook al die regskoste (insluitende prokureur en eie kliënt koste) wat kan oploop indien enige stappe geneem word teen jou en / of jou metgeselle (indien van toepassing) rakende julle nie-nakoming; en
27.3. jou verantwoordelik hou vir enige eise deur enige persoon, (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestraffende of gevolglik) van enige aard, in die geval van nalatigheid of enige ander oorsaak, met betrekking tot enige dood, besering, verlies en / of skade wat gely kan word, ongeag die oorsaak in verband met jou en / of jou metgeselle (indien van toepassing) se nie-nakoming.
28. Vir die doeleindes van hierdie bepalings en voorwaardes, verwys “die maatskappye” na die direkteure, beamptes, werknemers, agente en verteenwoordigers van:
28.1. Virseker, Auto & General, of Telesure Investment Holdings;
28.2. die maatskappye en agentskappe wat met hulle affilieer of assosieer; en
28.3. enige partye wat borgskappe toestaan.
29. Hierdie bepalings en voorwaardes word uitgelê, geïnterpreteer en afgedwing in ooreenstemming met die kontrakwette en geskilbeslegting in die Republiek van Suid-Afrika.
30. Die maatskappye en die beoordelaars se beslissings rakende enige kwessies rakende hierdie kompetisie en bepalings en voorwaardes is finaal en bindend en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
31. Virseker behou die reg om die veldtog enige tyd te beëindig en te verander.
32. Indien daar enige indikasie van vuilspel vermoed word rondom inskrywings en hoe ‘n persoon hulle bekom het sal die persoon nie in die wenner trekking ingesluit word nie.
33. Virseker is ’n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk, ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (FDV-lisensienommer: 16354).