Regsbystand

 

Om met die gereg te werk sit nou nie in elke ou se broek nie. Moenie bekommer nie – Virseker is hier met ons Regsbystand produk.  Die plan bied dekking aan jou, jou wetlike of tradisionele lewensmaat, plus vier afhanklike kinders jonger as 25 jaar (wat ongetroud en werkloos is).

Jy kan ook uit 3 hoofplanne kies om seker te maak jy het die dekking wat jou pas.

 

Basiese Regsbystand:

  • Advies rondom enige private of arbeidsake.

 

Bemiddeling Regsbystand:

  • Bystand vir kriminele- en arbeidsake.
  • Die opstel van ooreenkomste soos testamente en verkoopskontrakte.
  • Onbeperkte identiteitsdiefstalbystand.
  • Bemiddeling in siviele- en familiesake.

 

Litigasie Regsbystand:

  • Dekking indien jy in enige kriminele-, siviele- of arbeidshofsake betrokke is.
  • Dekking tot en met R120 000 per jaar.
  • Verteenwoordiging vir borgtog aansoeke, dissiplinêreverhore en identiteitsdiefstal.
  • Dekking van so vroeg as 'n maand na die aanvang van jou polis (onderhewig aan beleid terme en voorwaardes).
  • Bestrede en onbestrede egskeidings (plan afhanklike).

 

Wil jy meer lees? Kliek hier vir die Regsbystandbrosjure.