Watertuigversekering

 

Virseker watertuigversekering dek seiljagte, katamarans, roeibootjies, motorbote, rubbereende en waterponies – nie net wanneer die watertuie op die water is nie, maar ook wanneer jy hulle te pad vervoer. Verder is alle masjinerie, motors, standaard bykomstighede, ratte en toerusting deur Virseker gedek as jy Watertuigversekering by ons uitneem.

 

Wanneer dek Watertuigversekering jou?

  • Jou watertuig is gedek as hy gesteel word of in 'n ongeluk is en beskadig word.
  • Jy het aanspreeklikheidsdekking as enige iemand op die watertuig seerkry of sterf in 'n ongeluk met die watertuig, mits die ongeluk op water gebeur.
  • Die skade wat jou watertuig aan ander se eiendom aanrig is ook deur Virseker gedek.
  • Indien jou watertuig buite Suid-Afrika gesink het of beskadig is, sal ons die kostes verbonde aan die opspoor en terugbring na die naaste Suid-Afrikaanse grens dek.
  • As jy self jou watertuig uit die water red om skade ná 'n ongeluk te minimaliseer, sal ons die redelike koste daarvoor dra.
  • As jou watertuig gestrand of gesink het, sal ons die kostes dek om dit vind.

 

Jy kan ook dekking vir ʼn waterskiër in jou kwotasie spesialiseer. Dit beteken dat die waterskiër en sy/haar besittings gedek is in die geval van skade of verlies. Hieronder geniet die waterskiër ook aanspreeklikheid as hy of sy iemand anders of hul eiendom skade aangedoen het terwyl jy hom met hierdie versekerde boot gesleep het.

 

Onthou dat jy jou watertuig slegs vir plesier of persoonlike doeleindes mag gebruik.