Veldbakkieversekering

 

Of jy nou elke Saterdag die boendoes in foeter of net rustig werk toe ry – jou veld bakkie het spesiale behoeftes. En hier by Virseker verstaan ons presies wat daardie behoeftes is, juis daarom het ons besluit om ʼn omvattendeproduk te skep wat perfek pas vir daardie 4x4 van jou. Wat meer is ons sluit ook dekking vir bykomstighede aan jou 4x4, uitsluitend die klanksisteem, tot 'n maksimum van R10 000 in.

 

Waarvoor dek Veldbakkieversekering jou?

  • Dekking binne Suid-Afrika en sommige van Afrika se ontwikkelende lande.
  • Jy kan kies om jou bakkie vir sy verkoopswaarde te dek en mits dit minder as 12 maande oud is en gesteel word, sal ons hom heeltemal vervang met 'n splinternuwe een.
  • Beide jou sleutel en jou spaarwiel is gedek.
  • R5 000 vir mediese uitgawes sou iets met jou of enige iemand anders wat in die voertuig is gebeur.
  • Jy kan jou 4x4 se bykomstighede vir tot R40 000 verseker.
  • Jy het ook die opsie om jou Derdepartyversekering op te skuif na R5, R10 of R20 miljoen toe.