Motorfietsversekering

 

Dalk was dit jou droom om van kleintyd af ʼn motorfiets te besit of dalk gebruik jy dit slegs vir gerieflikheidsonthalwe om die oggend verkeer te oorleef. Wat ook al die rede vir jou motorfiets ons het nommerpasdekking. Ons sal jou motorfiets omvattende dek asook onder andere 24 uur bystand produkte outomaties by jou polis insluit.

 

Waarvoor dek Motorfietsversekering jou?

  • Standaard bykomstighede as die motorfiets saam met die bykomstighede gesteel word.
  • Derdeparty-aanspreeklikheid vir ander se eiendom, maar nie vir enige iemand wat agterop die fiets ry, of besig is om op of af te klim nie.
  • Haelskadedekking is outomaties ingesluit.

 

Watter motorfietse verseker ons nie?

  • Motorfietse wat meer as R330 000 of minder as R5000 werd is.
  • Skaars en eksotiese motorfietse.
  • Motorfietse met 'n enjinkapasiteit van meer as 2500cc.
  • Motorfietse wat ouers as 30 jaar is.

 

Hier is ʼn paar motorfiets wenke:

  • Maak seker dat jy altyd al jou veiligheidsklere dra – valhelm, handskoene en langmouklere. Hoewel 'n klinknaelbroek (Jean) seker die mees gewilde broek vir motorfietsryers is, is dit ook die materiaal wat die vinnigste skeur wanneer jy val en jou velle teen die harde teerpad se turf laat sit.
  • Hoewel daar baie onsekerheid is, is dit volgens bladsy 63 van die nuwe K53-boek nie wettig vir 'n motorfiets om tussen twee bane te ry nie.
  • As jy agter enige kar, maar veral 'n groot trok ry, is dit belangrik om te onthou om nie in hul blindekol te ry nie. Vir karre is dit beter om reg agter hulle, in die middel van die baan te ry. Inteendeel as jy agter trokke ry is dit beter om seker te maak dat jy hul sy-spieëltjies kan sien – as jy hulle kan sien, kan hulle jou sien.