Karavaan- en sleepwaentjieversekering

 

Baie dinge kan skeefloop op pad na jou vakansie kamperingsterrein toe en daardie gebeurtenisse versuur nie net die vakansie nie maar kan ook ʼn lelike gat in jou sak brand. Daarom bied Virseker omvattendedekking vir jou karavaan, jou sleepwaentjie en jou karavaan se inhoud.

 

Jy mag beide jou karavaan en sleepwaentjie slegs vir sosiale en persoonlike doeleindes gebruik – geen besigheid nie. Ons sal jou karavaan en sleepwaentjie dek vir skade of diefstal. Jy sal ook gedek wees vir skade wat jou karavaan of sleepwaentjie aan iemand anders se eiendom aanrig. As jou karavaan of sleepwaentjie skade kry, sal dit ook gedek wees vir insleep- en bergingskostes om dit na die naaste hersteller te neem. Daarvoor moet jy asseblief onthou om Virseker heel eerste te bel.

 

Karavaanversekering

Jou karavaan sal omvattende dekking geniet wat beteken dat dit teen haelskade, ongelukskade en diefstal gedek is as ook skade wat jou karavaan aan ander se eiendom rig. Dit is ook belangrik om te onthou om jou karavaan se wielklampe, slotte en opspoortoestel op standaard en in 'n werkende toestand hou – dit beïnvloed jou premie en uitbetaling.

 

Waarvoor dek Karavaanversekering jou?

  • Ongelukskade wat deur jou of iemand anders aangerig is.
  • Diefstal van die karavaan.
  • Skade wat jou karavaan aan iemand anders se eiendom aanrig.
  • Jou karavaan se standaard bykomstighede.

 

Onthou net dat karavaaninhoudversekering nie outomaties by jou karavaanversekering ingesluit word nie.

 

Karavaaninhoudversekering

Onthou om karavaaninhouddekking by jou karavaankwotasie te voeg om te verseker dat die inhoud van jou karavaan ook die dekking ontvang wat dit benodig.

 

Jou karavaaninhoud sal dekking ontvang teen brande, weerlig, ontploffings, moedswillige skade, aardbewings, storm, vloed en vallende bome wat nie afgekap word nie.

 

Dink ook mooi na (en hou die strokies en bewyse) oor alles wat jy binne jou karavaan hou om die regte waardes op jou kwotasie in te vul en so ook vir die regte waarde uitbetaal te word indien jy in die moeilikheid beland.

 

Sleepwaentjieversekering

'n Waentjie is die ideale oplossing as jy ekstra pakspasie vir die hele gesin se bagasie en klein ditjies en datjies nodig het. Dis ook gerieflik wanneer jy trek of jou tuinvullis of bourommel moet wegry. Om die waarheid te sê gee ons nie om wat jy met jou waentjie maak nie – solank dit nie vir besigheid is nie.

 

Sleepwaentjieversekering voorsien omvattendedekking vir jou waentjie as hy skade opdoen, gesteel word of enige skade aan iemand anders se eiendom aanrig.