Karversekering
Jy kan nou maar so katvoet ry soos wat jy wil, daar is geen waarborg dat jou motor nie gesteel gaan word of skade opdoen nie. Dit is presies hoekom ons besluit het om motorversekering te ontwikkel wat aan al jou behoeftes voldoen of jy nou jou motor omvattend wil verseker of net vir die basiese – ons het die produk vir jou. En wat meer is, kan jy ook kies om jou Derdeparty dekking op te skuif tot R5, R10 of R20 miljoen toe. Ons bied vier hoof motor produkte aan om vanuit te kies: Omvattende-, Derdeparty, Brand en Diefstal-, Slegs Derdeparty- en BeterKarversekering.
Omvattende Motorversekering
Omvattendeversekering vir jou kar is die mees volledigste versekeringsopsie. Hier sal Virseker vir jou sorg as jou kar gesteel word, as jou kar en/of iemand anders se besittings skade kry, vir natuurrampe soos vuur, haelskade, vallende bome en selfs skade wat deur ander mense aangerig word. Die grootste voordeel aan omvattende versekering is dat jy dekking kry vir skade aan jou eie kar as ook die voordele van derdeparty-, brand- en diefstaldekking kan geniet.
Waarvoor dek Omvattende motorversekering jou?
- Dekking as jou voertuig beskadig is weens ʼn inbraak of gesteel is.
- Jou eie ongelukskade.
- Brand- en ontploffingskade.
- Insleep- en bergingskostes: Ons betaal die redelike koste om jou kar na die naaste hersteller in te sleep en te stoor.
- Leenwiele is opsioneel: Solank as wat jou eis geldig is, voorsien ons jou met 'n stel leenwiele terwyl jou kar reggemaak word, of as hy gesteel is.
- Derdeparty-eise: Dit dek skade wat jy aan ander mense se eiendom gemaak het.
- Haelskade: Dit slegs as jou skedule toon dat jy daarvoor betaal.
- Mediese kostes: As enige iemand beseer is in 'n ongeluk met die versekerde kar, sal ons R500 per persoon vir mediese kostes betaal.
Derdeparty, Brand en Diefstalversekering
Hierdie is ʼn goedkoper opsie maar dek nie jou motor teen ongelukskade nie. Jy is wel gedek sou jou motor gesteel word of deur ʼn brand beskadig word en vir skade wat dit aan ander se eiendom aanrig. Maar ons gee jou wel die opsie om om ʼn paar ekstra dekkingsopsies by jou polis te voeg.
Waarvoor dek Derdeparty-, Brand- en Diefstalversekering jou?
- Diefstal en kaping.
- Derdeparty-eise: Dit dek skade wat jy aan ander mense se eiendom gemaak het.
- Insleep- en bergingskostes: Ons betaal die redelike koste om jou kar na die naaste hersteller in te sleep en te stoor.
- Mediese kostes: As enige iemand beseer is in 'n ongeluk met die versekerde kar, sal ons R500 per persoon vir mediese kostes betaal.
- Brand-, weerlig- en ontploffingskade – onder weerlig dek ons jou ook indien ʼn boom raakgeslaan word en op jou motor val.
Jy kan ook die volgende by jou polis voeg:
- Leenwiele as joune gesteel is
- Klanksisteemdekking
- Kapdakdekking
- Voorruitdekking
Slegs Derdepartyversekering
Hierdie is ons goedkoopste versekeringsopsie, maar dit bied ook die heel minste dekking. As jy gemaklik is om die kostes self te dra sou jou motor gesteel of beskadig word maar graag gedek wil wees teen die skade wat jou motor aan ander se eiendom aanrig, is hierdie die opsie vir jou.
As enige iemand beseer is in 'n ongeluk wat veroorsaak is deur die versekerde kar, sal ons R500 vir die mediese kostes van elke beseerde persoon betaal. As jy self in die proses beseer is gaan jy ongelukkig self daarvoor moet sorg.
Jy kan ook die volgende by jou polis voeg:
- Leenwiele as joune gesteel is
- Klanksisteemdekking
- Kapdakdekking
- Voorruitdekking
BeterKar
|