Gebouversekering

 

Moenie toelaat dat verlies of skade jou huis op horings neem nie. Jou huis behoort vir jou veiligheid en vrede, sowel as 'n neseiertjie te beteken. Daarom moet jy seker maak dat jy als in jou vermoë doen om jou veilige hawe en ontspanplek te beskerm teen wind en weer en sommer skelms ook met ons Gebouversekering. En as jou polis publieke of inwoner aanspreeklikheid insluit, het jy die opsie om jou dekking te vermeerder na R5, R10 of R20 miljoen toe.

 

Gebouversekering is van kardinale belang, want jou gebou is een van jou grootste bates en Virseker bied jou beskerming vir die volgende:
• Private residensiële huisstruktuur
• Heinings
• Buitegeboue
• Swembaddens (maar nie boorgate en swembadtoerusting nie)
• Tennisbane

 

Waarvoor dek Gebouversekering jou?
• Brand, weerlig, ontploffing en aardbewing
• Waterpype wat bars
• Storm of vloed, maar nie wanneer die skade aan jou steunmure is nie
• Diere, karre wat met jou huis of buitegeboue bots
• Vallende bome, maar nie bome wat afgekap word nie
• Vliegtuie of dit wat hulle uitgooi
• Kwaadwillige of opsetlike skade, maar nie as jou huis vir meer as 60 opeenvolgende dae 'n jaar leeg staan nie
• Die skade wat diewe en inbrekers aanrig
• Insinking van grond