Boorgat- en swembadtoerustingversekering
Ons weet presies hoe duur dit kan wees om jou boorgat- of swembadtoerusting te vervang as dit beskadig of gesteel is. Daarom het ons ʼn produk ontwerp wat dié apparate dek. Indien jy ʼn Gebou- en/of Huisinhoudversekeringspolis het kan jy jou boorgat- en swembadtoerusting spesifiseer en by jou polis voeg. Ons het spesiale boorgat- of swembadtoerustingversekering ontwerp omdat dit nie deel vorm van jou geboue nie en omdat dit buite jou huis staan (al is dit binne ʼn tuinhuisie) en dus is die versekeringsbehoeftes uniek.
Stel jy belang om by die Virseker familie aan te sluit?
Kry 'n kwotasie