Skootrekenaar

 

Die inligting op jou skootrekenaar is dikwels meer werd as die rekenaar self. Dit is nou nie om die waarde van jou rekenaar te versmaai nie – hulle kan nogal op ʼn aardige bedraggie uitwerk. Gee vir ons die maak, model en serienommer van jou skootrekenaar en ons maak seker dat hy teen die beste moontlike prys, teen die laagste moontlike premie verseker word. Onthou dat jou skootrekenaar nie onder jou Huisinhoud verseker is nie. En as jy hom vir besigheid gebruik, sal ons jou ongelukkig ook nie daarvoor kan vergoed nie.