Alle Risiko

 

Sommige mense is so heilig op die besittings wat hul saam met hul rondra, mens sou sê dis van goud gemaak. Die ding is, meestal is dit óf van goud gemaak, óf sy gewig in goud werd. Dis nou goed soos jou juwele (ouma s'n inkluis), jou kamera, skootrekenaar, bril, selfoon, ens.

Omdat ons weet hoe kosbaar hierdie items vir jou is, span Virseker die kroon en dek jou vir jou alle risiko besittings. Behalwe daarvoor om jou eie items te dek, is ons ook bereid om jou inwonende gesinslede se alle risiko besittings te dek – en daarvoor hoef die besittings boonop nie noodwendig weg van die huis af te wees nie.

Dus, Virseker dek jou alle risiko besittings teen wind en weer, diefstal, en ongelukskade. Maar ongelukkig nie teen mot en roes wat maar onvermydelik met die tyd saam intree nie. Die polis dek amper enige gebeure op enige plek.

Hoe gaan mens te werk? Jy begin deur 'n Huisinhoudpolis te kry. Dan sê jy vir ons konsultant aan die ander kant van die foon dat jy ook Alle Risiko Versekering wil hê. Hy sê dis in die haak, wat wil jy Virseker? Jou kameraskootrekenaarjuwelierswareselfoonvoorskrif bril of boorgat- en swembadtoerusting? Jy sê, "Ja al daai dinge en ook nog my skool atletiekmedalje wat ek elke dag om my nek dra." Ons outjie dink dis vreemd, maar sê dis reg, jy moet dit net spesifiseer as dit meer as R3500 werd is. In welke gevalbjy toe nou nie nodig gehad het om daai medalje te spesifiseer nie.