Besittings

Juweleversekering

Juweleversekering

Ongelukkig kan ons nie die sentimentele waarde van jou juwele vervang nie, maar ons kan jou ten minste vergoed vir die skade en verlies daarvan.
Skootrekenaar

Skootrekenaar

Die inligting op jou skootrekenaar is dikwels meer werd as die rekenaar self. Dit is nou nie om die waarde van jou rekenaar te versmaai nie – hulle kan nogal op ʼn aardige bedraggie uitwerk.
Kameraversekering

Kameraversekering

Fotografie is ʼn broos en duur stokperdjie om te onderhou. Daarom is dit baie belangrik dat jy kameraversekering uitneem vir hierdie duur item - selfs wanneer dit net 'n mik-en-druk is.
Klereversekering

Klereversekering

Om jou klere te vervang is glad nie grappies nie, veral as jy ʼn stuk of twee het wat meer as R4000 kos.
Brilversekering

Brilversekering

Brille kan baie maklik buig of breek en as jy 'n permanente bril het is dit maklik om dit êrens af te haal en daar te los.
Selfoonversekering

Selfoonversekering

Daar is so baie wat jy met jou selfoon of slimtoestel kan doen – selfs jou Virseker polis bestuur – om dit te verloor gaan ʼn reuse leemte los.
Alle Risiko

Alle Risiko

Sommige mense is so heilig op die besittings wat hul saam met hul rondra, mens sou sê dis van goud gemaak. Die ding is, meestal is dit óf van goud gemaak, óf sy gewig in goud werd. Dis nou goed soos jou juwele (ouma s'n inkluis), jou kamera, skootrekenaar, bril, selfoon, ens.