Besigheidsversekering
Besigheidsversekering wat altyd daar is vir u
Ons besigheidsversekeringsprodukte is ontwerp om u te bevoordeel, en ook om u die voorsprong te laat behou.
Vir meer inligting bel 0861 47 73 22.
Besigheidsversekering
Ons besigheidsversekeringsportefeulje sluit dekking vir meer as 700 tipe besighede in. Of u nou die eienaar van ’n loodgieterbesigheid of bloemiste is, ons top prioriteit is om altyd daar te wees vir u besigheid en u toe te rus met nommerpas produkte vir u spesifieke besigheidsversekeringsbehoeftes. Ons is daar wanneer u die fondasie van u nuwe besigheid lê, en ook wanneer u al ’n paar jaar handel dryf. Ons bied dekking vir:
- Besigheidsvoertuie
- Brandskade
- Diefstal
- Sake Onderbreking
- Geboue en toerusting, asook gereedskap en gereedskapbokse
- Goedere in transito
- Produkaanspreeklikheid
- Foutiewe vakmanskap
- Getrouheidswaarborg
Verder, word ’n deel van u premie aan die Virseker Trust geskenk. Die Trust bewerkstellig die welvaart en voortbestaan van Afrikaans deur verskeie Afrikaanse onderrig-inisiatiewe te ondersteun.
Laai ons produkbrosjure hier af.
Besigheidsvoertuigversekering
U voertuig is ’n belangrike bate vir u besigheid, daarom bied ons versekering vir enige besigheidsvoertuig – van sedans, bakkies en ligte afleweringsvoertuie, tot handelsvoertuie van tot tien ton. Ons omvattende besigheidsversekeringsopsie sluit dekking in vir ongelukskade aan u voertuig, asook skade wat u aan ander voertuie berokken het en derde party-versekering.
Ons diens sluit ook in:
- Insleepdienste & berging: as u Virseker se goedgekeurde insleepdiens gebruik, sal ons seker maak dat u besigheidsvoertuig by ’n veilige fasiliteit geberg word.
- Outomatiese dekking vir sekere bykomstighede wat in u besigheidsvoertuig geïnstalleer is.
- Dekking vir u gholfkarretjie.
Besigheidshulp
Ons verstaan dat u hard gewerk het om u besigheid te kry waar dit is, en dat dit belangrik is om hierdie grondslag te gebruik om u langtermyn besigheidsdoelwitte en -visie te verwesenlik. Daarom het ons vorendag gekom met Besigheidshulp, wat u kan help om hierdie doelwitte te bereik.
Besigheidshulp is outomaties by u besigheidspolis ingesluit en voorsien 24/7 aanlyn- en telefoniese-bystand vir u besigheidsbehoeftes. Besigheidshulp bied ’n verskeidenheid dienste – van professionele advies omtrent IT- en finansieringsbystand tot besigheid portier diens.
Besigheidshulp werk met verskeie verskaffers om uitmuntende diens te verseker.
Vir meer omtrent besigheidshulp, kliek hier.