Het jy al ooit opgelet hoe onentoesiasties mense vir ander mense “veels geluk, liewe maatjie” sing?
Ons ook! En omdat Afrikaans ons so na aan die hart lê voel ons iets moet gedoen word omtrent die saak. Op 8 Mei het ons Afrikaans se 100ste verjaarsdag gevier en veral in die 100 jaar feesviering verdien ons taal ‘n liedjie wat mense met entoesiasme en opwinding sing.
Virseker vat dus die onus, om met julle hulp hierdie groot taak aan te pak om vir ons en Afrikaans ‘n nuwe “veels geluk, liewe maatjie” liedjie te skep.
Daar is lekker pryse op die spel so maak seker jy volg saam en neem deel om te help skryf aan hierdie nuwe liedjie vir Afrikaans!
Bring jou stem uit en kyk hoe die telling regstreeks opdateer!
Deel met ons jou besonderhede vir die kans om VIP kaartjies na Afrikaans is Groot te wen.
Opsie 1 vir die nuwe Afrikaanse verjaarsdag liedjie
Opsie 2 vir die nuwe Afrikaanse verjaarsdag liedjie
Anton Goosen se insette:
Early B se insette:
Karen Zoid se insette:
Sonja Herholdt se insette:
1. Gedurende 2025, sluit Virseker aan by die vieringe van 100 jaar van Afrikaans se erkenning as ‘n amptelike taal in Suid-Afrika en, as deel van hierdie vieringe, nooi Virseker die publiek uit om deel te neem aan ‘n veldtog om die klassieke “Veels geluk liewe maatjie” liedjie op te kikker en belyn na hierdie vieringe.
2. Voorstelle aangaande veranderinge aan, byvoorbeeld, die melodie of lirieke van die Liedjie kan aan Virseker deurgestuur word deur verskeie metodes, soos bepaal en kommunikeer deur Virseker insluitend deur die Voorstel(le) op Virseker se:
2.1. sosiale media bladsye (i.e. Facebook, Instagram, TikTok en YouTube) te deel; en/of
2.2. webblad te laai;
wat Virseker mag gebruik, onder andere, in die vervaardiging en finale weergawe van Virseker se amptelike viering liedjie.
3. U deelname aan die Veldtog is afhangend van u bindende aanvaarding van die onderstaande bepalings en voorwaardes.
4. Alle informasie wat verband hou met die Veldtog en gepubliseer word deur Virseker op enige bemarkingsmateriaal vorm deel van hierdie bepalings en voorwaardes.
5. Die Veldtog begin op 19 Mei 2025 en eindig op 31 Desember 2025.
6. Indien:
6.1. ‘n deelnemer jonger as 18 jaar oud is en self Voorstel(le) vir die Veldtog instuur; en/of
6.2. iemand, anders as die minderjarige deelnemer se ouer of voog, namens ‘n minderjarige deelnemer Voorstel(le) vir die Veldtog instuur; en/of
6.3. iemand, anders as die minderjarige deelnemer se ouer of voog (insluitend skole of ander soortgeluke instansies), Voorstel(le) vir die Veldtog instuur wat ‘n minderjarige deelnemer se Voorstel(le) bevat of waarin ‘n minderjarige deelnemer verskyn;
sal die volgende spesiale bepalings en voorwaardes ook van toepassing wees.
7. Die minderjarige deelnemer of ander persoon soos beskryf in punte 6.2 en 6.3 hierbo, verteenwoording en waarborg dat die minderjarige deelnemer(s) en/of ander minderjariges wat in die Voorstel(le) verskyn se ouers of wettige voogde:
7.1. hul skriftelike toestemming verskaf het vir die deelname en verskynings van die minderjariges soos hierin vervat; en
7.2. skriftelik ooreenstem met die alle bepalings en voorwaardes soos verder hierin vervat.
8. Waar ‘n ouer of voog se toestemming benodig word soos per punt 7 hierbo, sal die deelnemer of ander persoon soos beskryf in punte 6.2 en 6.3 hierbo, aan Virseker uitreik en die skriftelike toestemming en ooreenstemming aan Virseker stuur soos ooreengekom.
9. U stem toe dat enige en alle Voorstel(le) wat met Virseker vir hierdie Veldtog gedeel word in watter formaat ook al, deur Virseker gebruik en gepubliseer mag word, sonder beperking en in watter manier en op watter platform ook al, sonder enige vorm van vergoeding wat verskuldig word aan die deelnemer. Die voormelde gebruik van die Voorstel(le) sluit in die deel en plasing van video en oudio Voorstel(le) op die sosiale platforms van Virseker.
10. U, as deelnemer van die Veldtog, verteenwoordig en waarborg dat:
10.1. u die enigste eienaar van die kopiereg, handelsmerk en/of enige ander intellektuele eiendom en eiendomsregte in en aangaande die Voorstelle is;
10.2. Virseker se gebruik en publikasie van u Voorstel(le), nie op enige ander persoon se kopiereg, handelsmerk en/of ander intellektuele eiendom of eiendomsregte inbreuk sal maak;
10.3. u nie ‘n party tot, en u Voorstel(le) nie onderhewig is aan, enige kontrak of ooreenkoms wat in konflik staan met die toestemming soos hierin vervat;
10.4. indien enige ander persoon wat identifiseerbaar is in u Voorstel(le), indien van toepassing, hul toestemming gee dat die Voorstel(le) (waarin hul identifiseerbaar is) deur Virseker gebruik en gepubliseer mag word, sonder vergoeding wat verskuldig word aan sulke ander persoon, in ooreenstemming met hierdie bepalings en voorwaardes; en
10.5. geen ander persoon het of sal die reg hê om te eis of beweer dat Virseker se gebruik en publikasie van u Voorstel(le) inbreuk maak op sulke ander persoon se regte.
11. U verskaf Virseker hiermee met die onbeperkte, wêreldwye, onherroeplike, tantiem-vrye, reg om u Voorstel(le) te publiseer, gebruik, versprei, lisensieer, oor te dra, vertoon, uitstal, opneem, stoor, vertaal, digitaliseer, uit te saai, reproduseer en argiveer, in enige formaat of medium, of dit nou bekend is of later ontwikkel word, in die vervaardiging en gebruik van die Virseker Liedjie.
12. U vrywaar Virseker en hou Virseker skadeloos teen i) enige verlies, uitgawe, skade en koste van skade wat onstaan van ‘n eis of bewering, in enige vorm, 1) deur ‘n ander persoon wat eis of beweer dat daar op sy/haar intellektuele eiendomsreg(te) inbreuk gemaak is en/of 2) as gevolg van u deelname aan die Veldtog, en ii) enige eis wat ontstaan van die kontrakbreuk van enige van die bogemelde waarborge as gevolg van Virseker se gebruik en publikasie van u Voorstel(le).
13. U verstaan dat Virseker geen onderneming, waarborg of vertoë lewer, hetsy uitdruklik of implisiet, of belofte maak dat u Voorstel(le), of enige deel daarvan, in die final weergawe van die Virseker Liedjie ingesluit sal word.
14. Virseker neem geen verantwoordelikheid en neem geen aanspreeklikheid vir enige skade, verlies, koste van skade (hetsy direk, indirek, toevallig, bestrafwend of gevolgelik) van enige aard, weens nalatigheid of enige ander oorsake, rakende u deelname aan die Veldtog.
15. U onderneem dat, waar van toepassing, u ten alle tye sal voldoen aan die reëls van die sosiale platforms wat u mag gebruik om u Voorstel(le) met Virseker te deel of andersins in die Veldtog of kommunikasies aangaande die Veldtog deel te neem.
16. U bevestig dat u deelname aan die Veldtog vrywillig en op u eie risiko is.
17. Indien u belangstel, is u welkom om in te stem dat Virseker vir u elektroniese bemarkings informasie mag stuur. U is onder geen omstandighede verplig om ‘n versekeringspolis uit te neem by Virseker of enige geaffilieerde maatskappye. U kan enige tyd vir Virseker in kennis stel dat u nie verdere bemarkingsinligting meer wil ontvang nie.
18. U deelname aan die Veldtog is onder geen omstandighede onderhewig aan u instemming vir bemarking in terme van punt 17 hierbo.
19. U stem toe dat u persoonlike informasie wat u met Virseker deel vir die Veldtog doeleindes geprosseseer mag word, en Virseker onderneem dat sulke prossesering altyd onderhewig sal wees aan die beskerming van persoonlike informasie wetgewing wat in die Republiek van Suid-Afrika van krag is.
Die volgende uitdrukkings behou die volgende betekenisse:
Liedjie beteken die verjaardag liedjie bekend as “Veels geluk liewe maatjie” wat die basis material mag vorm in die vervaardiging van die Virseker Liedjie.
Veldtog beteken die gemeenskaplike, sover van toepassing, ontwikkeling en vervaardiging en opeenvolgende gebruik van die Virseker Liedjie as deel van die vieringe van 100 jaar van Afrikaans se erkenning as ‘n amptelike taal in Suid-Afrika.
Virseker beteken ‘n produk, bekend as Virseker Versekering, van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk, ‘n gelisensieerde en gemagtigde nie-lewensversekeraar en finansiële-diensverskaffer (FDV-lisensienommer: 16354).
Virseker Liedjie beteken die finale vervaardigde en ontwikkelde verjaardag liedjie wat onstaan vanag die Veldtog wat deur Virseker vir sy kommersiële aktiwiteite gebruik mag word, insluitend as deel van die vieringe soos uiteengesit in hierdie bepalings en voorwaardes.
Voorstel(le) beteken enige voorstel gemaak deur ‘n deelnemer aan die Veldtog, rakende moontlike veranderinge wat aan die Liedjie deur Virseker gemaak mag word vir die vervaardiging en ontwikkeling van die Virseker Liedjie.
a. Verwysing na “Virseker” in hierdie bepalings en voorwaardes sluit in Telesure Group Services (Pty) Ltd asook al sy geaffilieerde maatskappye.
b. Virseker behou die reg om i) die Veldtog op enige tyd te stop, verkort of te verander, vir enige rede ook al, sonder om kennis aan enige deelnemer of die publiek te verskaf en ii) die terme van hierdie bepalings en voorwaardes te verander deur die opgedateerde bepalings en voorwaardes te publiseer.
c. Hierdie bepalings en voorwaardes word uitgelê, geïnterpreteer en afgedwing in ooreenstemming met die kontrakwette en geskilbeslegting in die Republiek van Suid-Afrika.
Virseker is ‘n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk, ‘n gelisensieerde nie-lewensversekeraar en finansiële diensverskaffer.
1. Jou deelname aan die kompetisie en die ontvang van die prys(e) (sou jy wen) is afhangend van jou bindende aanvaarding van die bepalings en voorwaardes, beide vir jouself en die individue met wie jy die prys gaan deel, (sou die prys vir jou en ’n addisionele persoon “jou metgeselle” wees).
2. ‘n Persoon kan as volg inskryf om deel te neem aan hierdie kompetisie:
2.1. Deur;
2.1.1 Te stem vir jou gunstelling nuwe Afrikaans 100 verjaarsdag liedjie op Virseker se webstuiste (Virseker - Versekering in jou taal | Versekeringsprodukte) en jou besonderhede in te vul om in die trekking vir die kompetisie te kom. Indien jy instem vir ‘n kwotasie en die kwotasie voltooi sal jy 10 ekstra inskrywings tot die kompetisie ontvang en/of;
2.1.2 Op Sosiale media en digitale platforms die Virseker kompetisie skakel te volg, jou besonderhede te voltooi, in te stem vir ‘n kwotasie en die kwotasie te voltooi vir 10 inskrywings tot die kompetisie. Jy sal nie 20 inskrywings ontvang om 2 keer in te stem vir ‘n kwotasie nie maar jy kan ekstra inskrywings ontvang indien jy gaan stem vir die nuwe Afrikaans 100 verjaarsdag liedjie.
2.2. Jy moet ‘n verpligtingvrye kwotasie voltooi op jou kar, huis en/of huisinhoud om in aanmerking te kom vir die pryse maar jy hoef nie die kwotasie te aanvaar vir jou deelname om geldig te wees nie.
2.3. Virseker kliënte kan ook aan die kompetisie deelneem deur die skakels te volg wat per e-pos uitgestuur word aan alle kliënte wat ingestem het om bemarkings kommunikasie van ons af te ontvang.
3. Die kompetisie begin op 5 September 2025 en eindig op 21 Oktober 2025. Alle inskrywings moet voor middernag op 21 Oktober 2025 ontvang word.
4. Die prys is 6 VIP kaartjies met alles ingesluit na Afrikaans is Groot 2025 met alle vervoer en verblyf kostes ook ingesluit indien die wenner van ‘n ander provinsie af is. 1 Wenner sal gekies word wat dan 5 gaste kan neem na die geleentheid. Indien die wenner nie van ‘n ander provinsie af is nie, sal ons ons steeds kostes dra vir vervoer maar die verskil in vervoer waarde sal nie uitbetaal word nie. Indien die wenner in die provinsie woon, sal verblyf nie gedek word nie en die wenner sowel as die wenner se gaste moet in Suid Afrika woonagtig wees, geen internationale vervoer kostes sal gedek word nie.
5. Sou die wenner nie binne 48-uur telefonies bereik kon word na afloop van die trekking nie, sal die pryse oorgedra word na ’n nuut verkose wenner of naaswenner.
6. Die wenner se inskrywing sal lukraak in ‘n gelukkige trekking gekies word uit alle inskrywings ontvang gedurende die kompetisiedatums. Virseker se besluit om die wenner seleksie is finaal.
7. Die volgende lys mense mag nie aan hierdie kompetisie deelneem nie:
Lede of werkers van:
7.1. Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk en/of Virseker en/of Afrikaans is Groot.
7.2. enige partye wat borgskappe toestaan en die maatskappye of agentskappe wat met hulle affilieer of assosieer; en
7.3. die onmiddellike familielede van die lede of werkers by al die instansies hierbo genoem.
8. Geen deelnemers jonger as 18 jaar mag aan die kompetisie deelneem nie.
9. Deur aan die kompetisie deel te neem stem jy daartoe in dat Virseker vir jou elektroniese bemarkings informasie mag stuur. Jy is onder geen omstandighede verplig om ‘n versekeringspolis uit te neem by Virseker of enige geaffilieerde maatskappye wanneer dit aan
jou gevra word nie. Jy kan enige tyd vir Virseker in kennis stel dat jy nie verdere bemarkingsinligting meer wil ontvang nie.
10. Die maatskappye kan nie vir die volgende aanspreeklik gehou word nie:
10.1. verlore, laat, vertraagde, misplaaste, onverstaanbare of onvoltooide inskrywings;
10.2. probleme of foute indien enige telefoniese, elektroniese, sagteware, internet, netwerk of rekenaarverwante kommunikasie, oordrag of komponent wanfunksioneer;
10.3. enige kwessies wat veroorsaak word deur omstandighede buite ons beheer en wat kan lei tot ontwrigting of omverwerping van enige aspek van die kompetisie; en
10.4. indien enige komponent in die kommunikasieproses wanfunksioneer en ’n inskrywing as gevolg hiervan nie ontvang word nie.
11. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige beserings of skade wat jy en / of jou besitting asook die van enige ander persoon opdoen tydens die inskrywing van hierdie kompetisie of wanneer jy addisionele materiaal vir hierdie kompetisie bekom nie.
12. Die verantwoordelikheid lê by jou om te verseker dat die inligting wat ons van jou ontvang korrek, op datum en volledig is.
13. Enige addisionele kostes wat jy aangaan anders as die gespesifiseerde kostes wat genoem en ingesluit is in die prys, is vir jou eie rekening. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige kostes wat jy en / of jou metgeselle (indien van toepassing) aangaan tydens die verloop van die kompetisie en inskrywing of die ontvang of en gebruik van die prys(e) nie.
14. Ons gee geen waarborg of vertoë, hetsy uitdruklik of implisiet, in verband met die prys(e) nie asook in besonder maar nie uitsluitlik nie dat:
14.1. jou deelname en / of inskrywing in die kompetisie sal beteken dat jy ’n prys wen nie;
14.2. die prys(e) asook die dele daarvan jou en jou metgeselle (indien van toepassing) se standaarde, vereistes, verwagtinge of voorkeure sal ontmoet nie; of
14.3. die prys(e) asook die dele daarvan betroubaar, bevredigend, stiptelik, veilig en vry van gebreke sal wees nie.
15. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige eise, nadelige effekte, skade of verlies met die ontvang van die prys(e) of enige elemente daarvan nie, asook vir geen veranderinge tot die prys(e) wat enige tyd bygebring kan word nie.
16. Pryse kan nie omgeruil, oorgedra, of uitgeruil word vir enige ander item nie. Pryse is nie oordraagbaar vir kontant nie.
17. Indien dit onwettig is vir ons om ’n prys aan jou te lewer kan jy dit nie wen nie, en sal jy die prys verbeur.
18. Die verantwoordelikheid en kostes lê by jou om al die nodige dokumente en toestemming te verkry om die prys(e) te ontvang en te kan gebruik vir die nodige tydperk soos voorgeskryf deur die toepaslike owerhede. Hierdie dokumente kan insluit, maar is nie uitsluitlik toepaslik op die spesifieke kompetisie nie, die nodige reis (beide nasionaal en internasionaal, soos toepaslik) en verblyf dokumente, byvoorbeeld paspoort en visum, om die prys(e) te kan geniet nie.
19. Ons behou die reg om jou te vra vir die nodige en addisionele inligting, binne perke, sodat ons die oorhandiging aan jou en jou gebruik van die prys(e) kan verwerk en fasiliteer.
20. Die wenners stem in om hul samewerking te gee en deel te neem aan al die maatskappye se openbare of media geleenthede wat verband hou met die kompetisie. Hulle stem ook in dat hul besonderhede en foto op die maatskappye se webwerwe en of sosiale media platforms mag verskyn sonder enige betaling.
21. In die geval dat die prys deur ’n derdeparty hanteer word, sal hulle jou kontak en julle sal saam op ’n geskikte afleweringstyd en -plek besluit. Die onus lê by jou om die prys te ontvang
soos afgespreek. Alle korrespondensie met betrekking tot die prys moet gerig word aan die verskaffer daarvan. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid vir enige verdere korrespondensie, eise, nadelige effekte, skade of verlies rakende die ontvang van die prys(e) of enige elemente daarvan nie.
22. Die maatskappye as ook die derdeparty verskaffer behou die reg om beide die kompetisie en die prys(e) of enige aspekte daarvan te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer enige tyd sonder enige kennisgewig vir enige rede wat ons nodig ag. In die geval dat die bogenoemde plaas vind, stem jy in om afstand te doen van alle regte in verband met die hierdie kompetisie en erken dat jy geen eis teen die maatskappye sal hê nie.
23. Jy stem in daartoe dat jou deelname aan die kompetisie, asook jou aanvaarding en / of die gebruik van die prys, of enige aspek daarvan, op jou eie risiko is.
24. Die maatskappye neem geen verantwoordelikheid en neem geen aanspreeklikheid vir enige skade, verlies, koste of skade (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestrafwende of gevolglike) van enige aard, weens nalatigheid of enige ander oorsake, rakende jou en / of jou metgeselle (indien van toepassing) se deelname aan die kompetisie en / of die aanvaarding en / of gebruik van die prys(e) en / of die optrede van die maatskappye binne die perke van die bepalings en voorwaardes.
25. In die geval van jou dood of die van jou familie, afhanklikes, erfgename, afgevaardigdes of enige ander begunstigdes van jou boedel, stel jy die maatskappye vry van enige eise van enige aard hetsy as gevolg van nalatigheid of enige ander oorsaak, met betrekking tot enige besering, verlies, aanspreeklikheid, koste en / of skade wat jy mag ly, ongeag die oorsaak wat deur jou en / of jou metgeselle (indien van toepassing) met betrekking tot jou inskrywing in hierdie kompetisie en / of aanvaarding en / of gebruik van die prys teen die maatskappye in gesit is
26. Jy erken dat die aanvaarding en gebruik van die prys(e) onderhewig is aan die voorwaarde dat:
26.1. al die bepalings en voorwaardes vir beide jouself en jou metgeselle (indien van toepassing) geld en dat julle albei instem om daartoe gebind te wees, daaraan sal voldoen en sal voortgaan daarmee;
26.2. jy stel die maatskappye vry van enige aanvaarding en / of verantwoordelikheid ten opsigte van enige lyding, skade, of verlies wat jy, jou metgeselle of enige derdeparty opdoen in verband met die aanvaarding en / of gebruik van die prys(e).
27. Indien jy of jou metgeselle (indien van toepassing) nie aan die bepalings en voorwaardes voldoen nie, kan ons sonder benadeling van enige ander middel wat ons besit:
27.1. jou outomaties diskwalifiseer, wat beteken dat jy die prys sal verbeur (indien jy klaar gewen het);
27.2. jou verantwoordelik hou vir enige skade of verlies wat die betrokke maatskappye lei, asook al die regskoste (insluitende prokureur en eie kliënt koste) wat kan oploop indien enige stappe geneem word teen jou en / of jou metgeselle (indien van toepassing) rakende julle nienakoming; en
27.3. jou verantwoordelik hou vir enige eise deur enige persoon, (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestraffende of gevolglik) van enige aard, in die geval van nalatigheid of enige ander oorsaak, met betrekking tot enige dood, besering, verlies en / of skade wat gely kan word, ongeag die oorsaak in verband met jou en / of jou metgeselle (indien van toepassing) se nienakoming.
28. Vir die doeleindes van hierdie bepalings en voorwaardes, verwys “die maatskappye” na die direkteure, beamptes, werknemers, agente en verteenwoordigers van:
28.1. Virseker, Auto & General, of Telesure Investment Holdings;
28.2. die maatskappye en agentskappe wat met hulle affilieer of assosieer; en
28.3. enige partye wat borgskappe toestaan
29. Hierdie bepalings en voorwaardes word uitgelê, geïnterpreteer en afgedwing in ooreenstemming met die kontrakwette en geskilbeslegting in die Republiek van Suid-Afrika.
30. Die maatskappye en die beoordelaars se beslissings rakende enige kwessies te doen met hierdie kompetisie en bepalings en voorwaardes is finaal en bindend en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
31. Virseker behou die reg om die veldtog enige tyd te beëindig en te verander.
32. Indien daar enige indikasie van vuilspel vermoed word rondom inskrywings en hoe ‘n persoon hulle bekom het sal die persoon nie in die wenner trekking ingesluit word nie.
33. Virseker is ’n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk, ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (FDV-lisensienommer: 16354).
Wat se die mense
RSG
Skryf Afrikaans se nuwe verjaarsdagliedjie!🎶
Virseker het Willem en die res van Suid-Afrika se pleidooi gehoor en nooi jóú uit om deel te wees van ’n opwindende veldtog:
Kliek hier om in platform te sien
Virseker
ń Groot verjaarsdag verdien ń groot nuwe liedjie!
Talle mense in ons jongste voxpop sê dis tyd vir iets nuuts – ‘n vars, eg Afrikaanse verjaarsdagliedjie wa...
Kliek hier om in platform te sien
Parys Gazette
Jou verjaardaglied kreatiwiteit kan jou laat wen.
Bekende Afrikaanse kunstenaars insluitend bekende name soos Sonja Herholdt, Early B, Karen Zoid en Anton Goosen sal help kies watter voorste...
Kliek hier om in platform te sien
Goeiemôre Good Morning
Soos julle goed weet vier Afrikaans vanjaar ‘n honderd jaar as amptelike wereld taal. Nou julle het gevra vir ‘n nuwe verjaarsdag liedjie en ons het groot nuus en hier om die nuus...
Kliek hier om in platform te sien
Huisgenoot
Sê nou maar jy kon vir Afrikaans ’n nuwe “Veels Geluk Liewe Maatjie” skryf. Hoe sou dit klink? Kom ons hoor wat dink die mense...
Deel jou idees hier:
Kliek hier om in platform te sien
miekepretorius21
Join in en maak jou eie video, ek wil JOU opsies ook hoor! Afrikaans het die lekkerste woorde, wys JOU beste en staan n kans om te wen🎉.
Kliek hier om in platform te sien