Let Wel

Lys van goedgekeurde herstelwerkers

Vir verdere besonderhede rakende ons goedgekeurde motor bakwerk herstellers, kontak asseblief [email protected].

 

Akkreditasie standaarde vir motor bakwerk herstellers

 

Om vir akkreditasie oorweeg te word, moet motor bakwerk herstellers aan die volgende vereistes voldoen:

 

  • TIH motor bakwerk herstellers moet goeie bestuur verseker deur die onderstaande te doen:
  • Hulle moet die vereiste versekeringspolisse hê, om TIH en kliënte se eiendom teen geïdentifiseerde risiko’s te beskerm.  
  • Hulle moet aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID/”SARS”) se vereites voldoen.
  • Verseker dat alle relevante wetlike en statutêre vereistes nagekom word.
  • By die Motorbedryf se Bedingingsraad (MIBCO) geregistreer wees en ʼn goeie naam hê.
  • ʼn Geregistreerde maatskappy wees wat ʼn goeie naam vanuit ʼn finansiële oogmerk het en geen uitsprake teen hulle het nie.
  • Seker maak dat regulatoriese voldoening van Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBBEE) vereistes gereeld nagekom word, en dat dit betyds hernu en by TIH ingedien word.
  • Seker maak dat die goedkeuring van die vervaardigers gereeld in stand gehou word, en betyds hernu en by TIH ingehandig word.

 

  • TIH motor bakwerk herstellers moet seker maak dat die voorkoms van hulle perseel onder andere goed verteenwoordig is, wat die volgende verseker:
  • Die besigheid moet maklik vanaf die aanwysings en tekens tot die ryvlak identifiseerbaar wees, en dit moet ʼn skoon en netjiese voorkoms hê.
  • Daar moet voldoende parkeerplekke en geriewe vir gestremde persone beskikbaar wees.
  • Die ontvangsarea moet duidelik afgebaken, skoon en netjies wees, en hulle moet seker maak dat die algemene omgewing aangenaam vir kliënte is. Dit moet van die werkswinkel afgesonder wees en moet deur toegewyde en vriendelike ontvangspersoneel beman word.
  • Akkreditasies en vervaardigersgoedkeurings moet duidelik vertoon word vir gemaklike verwysing vir kliënte.
  • Daar moet aparte ablusiegeriewe vir kliënte wees wat dikwels in stand gehou en skoongemaak word, en wat slegs vir kliëntgebruik is.
  • Die kwotasie parkeerplekke moet duidelik afgebaken, skoon, netjies en maklik bereikbaar vir kliënte wees.

 

  • Die hoogste vlak van kwaliteit is noodsaaklik, en alle stappe om risiko’s te mitigeer en voorkom is van uiterste belang. TIH vereis dus die volgende:
  • Daar moet prosesse en geriewe beskikbaar vir die veilige bewaring van kliënte se persoonlike besittings as dit agtergelaat sou word.
  • Daar moet ʼn onderdeel bestuursproses vir die doel van beheer van inkomende en uitgaande onderdele wees, sowel as berging van onbeskadigde onderdele gedurende die herstelproses.  
  • Daar moet krediet- en debietkaartgeriewe beskikbaar wees.  
  • Die MBR moet die vereiste digitale inskakeling wat benodig word  hê, om met beide TIH en die kliënte te kan kommunikeer, insluitend maar nie beperk tot e-pos, digitale kamera of selfoon.  
  • Daar moet dokumentasieprosesse wees, van aanvaarding van die voertuig en werkswinkel kwaliteitskontrole tot waar die voertuig aan die kliënt oorhandig word.

 

  • Ons kliënte vertrou hul waardevolle besittings aan TIH en TIH-vennote toe. Dit is dus uiters belangrik dat beide die eiendom van kliënte en ons diensvennote in gelyke mate beskerm word. Ons benodig dus die volgende van ons verskaffers:
  • Die versekering dat die besigheidsperseel paslike sekuriteitsmaatreëls het om verlies en skade aan beide die kliënt en verskaffer se eiendom te verhoed.
  • Die waarborg dat ons verskaffers die vereiste gesondheids- en veiligheidsakkreditasie het, en dat veiligheidssertifikate gereeld en betyds hersien en hernu word.
  • Die versekering dat personeel wat vir ons verskaffers werk, die korrekte beskermende drag en toerusting het, en dat alle praktyke vir die verwydering van afval nagevolg word.
  • Dat daar navolging van alle gesondheids- en veiligheidsprosesse en prosedures is om toevallige verlies of skade te vermy.
  • Die versekering dat praktyke vir die verwydering van afval nagevolg sal word.

 

  • Die kwaliteit van die hersteluitset word deur die personeel wat in diens geneem is bepaal, sowel as die hulpmiddels wat nodig is om die werk te doen. Die industrie uitdaging is egter om ʼn konkrete poging op die industrie te plaas vir die voortbestaan daarvan. TIH benodig dus die volgende van ons verskaffers:
  • Die versekering dat daar gekwalifiseerde ambagsmanne in diens geneem word, met vakleerlinge en opleidingsprogramme.
  • Die versekering dat jy die vereiste elektroniese, meganiese, bakwerkherstel- en verftoerusting het wat vereis word om herstelwerk aan die voertuie te kan doen.

 

  • Saamstem met die Telesure Investment Holding (TIH) Diensvlakooreenkoms wat die volgende insluit, maar nie beperk is nie, tot:
  • Die verskaffing van ʼn lewenslange waarborg van herstelwerk wat voltooi is.
  • Voldoening aan TIH se prosesse en prosedures, en derhalwe versekering dat herstelwerk betyds en sonder onnodige vertragings gedoen word.
  • Versekering dat die kwaliteit van herstelwerk van die hoogste standaard is en dat TIH-kliënte regverdig en professioneel behandel word.
  • Die perseel van TIH-kliënte beveilig.
  • Nie in onwettige of bedrieglike aktiwiteite betrokke raak nie.
  • Herstelwerk aan kliënte se voertuie in streng ooreenstemming met gemagtigde herstelwerk uitvoer.

 

Die oorsig van die seleksiekriteria wat gelys word is onderworpe aan ʼn volle keuring van die bogenoemde kriteria. As jy graag wil aansoek doen om ʼn TIH-vennoot te word kan jy ʼn e-pos aan [email protected] stuur.

Afhangend van die diens wat jy vir oorweging wil voorlê, sluit asseblief die volgende in die onderwerpreël van die e-pos in:

  • Motor bakwerk hersteller aansoek: [Your company name]
  • Opknapper aansoek: [Your company name].
  • Ander:

 

TIH Verskaffing sal die volgende doen:

1)      Vir jou ʼn omvattende self-asseserende graderingshulpmiddel stuur. Jy sal dan die voltooide hulpmiddel met al die ondersteunende dokumente by [email protected] moet indien.

2)      Die graderingshulpmiddel nagaan en die dokument kontrolelys voltooi om vertraging van jou aansoek te vermy. As jy aan al die vereistes voldoen, sal die hulpmiddel ʼn “Slaag” status aandui.

3)      ʼn TIH-verskaffingsbestuurder sal met jou reëlings tref om ʼn gradering op die perseel te skeduleer.

Wees asseblief geduldig terwyl ons jou aansoek verwerk.

Ons wens jou sukses met jou aansoek.

Groete,
TIH Verskaffing