Gereelde vrae
Omvattende versekering vir jou kar is die volledigste versekeringsopsie. Dit bied dekking wanneer jou kar gesteel word, as jou kar en/of iemand anders se besittings in ‘n ongeluk beskadig word, of as natuurrampe soos vuur, haelskade of vallende bome jou tref.
As jy gemaklik is om die kostes self te dra as jou kar gesteel of beskadig word, maar nog steeds gedek wil wees teen die skade wat jou kar aan ander se eiendom aanrig, is hierdie die opsie vir jou. Jy kan ook kies om jou Derdeparty-dekking te verhoog tot R5 miljoen, R10 miljoen of R20 miljoen toe.
Bakkieversekering bied dekking wanneer jou kar gesteel word, as jou kar en/of iemand anders se besittings in ‘n ongeluk beskadig word, of as natuurrampe soos vuur, haelskade of vallende bome jou tref. Ons sluit ook R10 000 dekking vir bykomstighede in, uitsluitend die klanksisteem wat apart gedek word.
As jou kar minder as R250 000 werd is, dan het ons dekking vir jou! Virseker Kompak is versekering wat jou gatsak pas – lig op dekking sodat jy net betaal vir dit wat jy nodig het. Daar is drie planne waaruit jy kan kies.
Die motorfiets word gedek vir ongelukskade en as dit gesteel word, standaard bykomstighede word ook ingesluit as die bykomstighede saam met die motorfiets gesteel word. Derdeparty-aanspreeklikheid vir ander se eiendom, maar nie vir enige iemand wat agterop die fiets ry, of besig is om op of af te klim nie. Haelskadedekking is ingesluit.
Virseker se geboueversekering dek jou huis, sonpanele, buitegeboue, heinings, swembad en tennisbaan teen 'n verskeidenheid van risiko’s soos brand; aardbewings; weerlig; oorstromings; gebarste pype; kragoorlading en grondinsinking.
Jou huisinhoud word gedek as dit in ’n treklorrie is en in ’n ongeluk is. Ons sal jou ook vergoed vir skade veroorsaak deur brand, weerlig en ontploffing terwyl jou huisinhoud vervoer word of in ’n geregistreerde meubelpakhuis gestoor word.
Draagbare Besittingsversekering is dekking vir items wat jy gewoonlik saam met jou dra. Dit sluit in, jou selfoon, tablet, juwele, voorgeskrewe bril, jou gehoorstuk, kamera, en klere bo die waarde van R4 000.
Draagbare Besittingsversekering is ‘n voordeel wat saam met Huisinhoudversekering of Karversekering ingesluit kan word waar jy items wat jy gereeld saam met jou dra buite die huis kan dek teen skade of diefstal.
Jy weet nooit wanneer jy regshulp nodig het nie en dit kan teen 'n buitensporige koste kom. Ontvang betroubare hulp en advies met Virseker se Regsbystand produk. Nie net sal ons verseker dat jy jou wetlike regte ken en verstaan nie, maar jy sal voordele soos onbeperkte telefoniese advies, litigasiedekking, belastingbystand, bemiddeling en meer geniet.
Begrafnisplan, begrafnisdekking en begrafnisversekering verwys na dieselfde tipe dekking.
Dit is belangrik om die regte persoonlike ongeluksplan te kies. Kies 'n plan wat dekking bied vir ongeskiktheid, dood en hospitalisasie as gevolg van 'n ongeluk. Al Virseker se Persoonlike Ongeluksplan opsies sluit hierdie dekking asook 'n aantal ander belangrike voordele in. Met Virseker is geen mediese ondersoeke nodig nie, en jy kan selfs geld spaar wanneer jy jou lewensmaat of eggenoot byvoeg.
Openbare aanspreeklikheid is dekking wat deur jou besigheidsversekeringspolis aangebied word. Dit is dekking wat jy (as besigheidseienaar) en jou werknemers beskerm indien jy wettiglik aanspreeklik gehou word vir eise ingestel deur derdepartye vir beserings, dood of verlies of skade aan hulle eiendom op jou perseel.
Virseker se Besigheidskarversekering bied 'n verskeie dekkingopsies in, en sluit voordele soos padhulp, windskermdekking, insleep en berging om 'n paar te noem.